<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
21 Mei is die 141ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (142ste in skrikkeljare). Daar volg nog 224.
Gebeure
- 996 – Die sestienjarige Otto III word gekroon as Heilige Romeinse Keiser.
- 1535 – Pous Paulus III stel sewe nuwe kardinale aan.
- 1572 – Die Watergeuzen (Nederlanders) verower Enkhuizen van die Spanjaarde.
- 1660 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word nuntius in Pole.
- 1674 – John Sobieski word verkies as Koning Johannes III van Pole.
- 1856 – Lawrence, Kansas verower en verbrand deur pro-slawernymagte.
- 1881 – Die Amerikaanse Rooikruis gestig deur Clara Barton.
- 1919 – Die Landbouweekblad (destyds nog Landbouw-weekblad) verskyn die eerste maal, in Bloemfontein.
- 1924 – Universiteit van Chicago studente Richard Loeb en Nathan Leopold, Jr. vermoor 14-jarige Bobby Franks in 'n "thrill killing".
- 1927 – Charles Lindbergh voltooi die eerste solo ononderbroke transatlantiese vlug.
- 1932 – Amelia Earhart word die eerste vrou om alleen oor die Atlantiese Oseaan te vlieg.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: 950 myl vanaf die kus van Brasilië, word die SS Robin Moor die eerste skip van die VSA wat deur 'n Duitse duikboot (U-boot) gesink word.
- 1956 – Kernwapentoets: in die Stille Oseaan word Bikini-atol amper totaal uitgewis deur die eerste lugontploffing van 'n waterstofbom.
- 1976 – Sewe mense, onder andere die Suid-Afrikaanse popster Gwynneth Ashley-Robin, sterf in 'n ligte vliegtuigongeluk naby Penge, Oos-Transvaal. Ashley-Robin was veral bekend vir haar Maart 1974 treffer, 'Little Jimmy'.
- 1980 – Grensoorlog: Veldslag van Savate in Angola, die bekendste veldslag waaraan 32-Bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag deelgeneem het.
- 1981 – Pierre Mauroy word Eerste Minister van Frankryk.
- 1991 – Naby Madras word voormalige Indiese eerste minister Rajiv Gandhi vermoor deur 'n vroulike terreur-selfmoordbomaanvaller.
- 2003 – Aardbewing tref Noord-Algerië. Meer as 2 000 mense sterf.
- 2006 – In 'n referendum in Montenegro stem 55,5% van die kiesers vir die afskeiding van Serwië.
Geboortes
- 1471 – Albrecht Dürer, Duitse skilder en grafiese kunstenaar († 1528).
- 1527 – Koning Filips II van Spanje († 1598).
- 1688 – Alexander Pope, Engelse digter († 1744).
- 1775 – Lucien Bonaparte, Franse politikus († 1840).
- 1792 – Gustave-Gaspard Coriolis, Franse wis- en natuurkundige († 1843).
- 1821 – John Francis Loudon, Nederlandse kamerheer van die Nederlandse koning, hofmaarskalk en ondernemer († 1895).
- 1822 – Ernst Casimir van Oranje-Nassau, prins van die Nederlande († 1822).
- 1860 – Willem Einthoven, Nederlandse arts en Nobelpryswenner († 1927).
- 1890 – Albert van Raalte, Nederlandse dirigent († 1952).
- 1895 – Lázaro Cárdenas del Río, Meksikaanse politikus, soldaat en president van Meksiko (1934-1940) († 1970).
- 1901 – Sam Jaffe, Amerikaanse akteur († 2000).
- 1904 – Robert Montgomery, Amerikaanse akteur († 1981).
- 1906 – Arnold Meiring, NG predikant en Transvaalse moderator van die NG Kerk († 1984).
- 1916 – Tinus Osendarp, Nederlandse naelloper en lid van die Duitse SS († 2002).
- 1917 – Raymond Burr, Amerikaanse akteur († 1993).
- 1921 – Andrei Sakharov, 'n Russiese kernfisikus, dissident, Nobelpryswenner en aktivis († 1989).
- 1928 – Charles Jacobie, Afrikaanse country-sanger († 1988).
- 1930 – Malcolm Fraser, twee-en-twintigste Eerste Minister van Australië († 2015).
- 1937 – Mengistu Haile Mariam, Ethiopiese politikus .
- 1938 – Michael Halász, Duits-Hongaarse dirigent.
- 1952 – Mr. T, Amerikaanse akteur.
- 1955 – Sergey Shoygu, Russiese politikus en generaal.
- 1957 – Judge Reinhold, Amerikaanse akteur.
- 1960 – Jeffrey Dahmer, massamoordenaar († 1994).
- 1990 – Scotty Leavenworth, Amerikaanse akteur en komponis.
Sterftes
- 1471 – Koning Henry VI van Engeland (* 1421).
- 1481 – Christiaan I van Denemarke, Koning van Denemarke, Swede en Noorweë (* 1426).
- 1542 – Hernando de Soto, Spaanse ontdekkingsreisiger (* circa 1500).
- 1639 – Tommaso Campanella, Italiaanse skrywer, digter, wetenskaplike, filosoof en teoloog (* 1568).
- 1647 – Pieter Corneliszoon Hooft, Nederlandse digter en historikus (* 1581).
- 1721 – Johannes Cornelis d’Ableing, waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie (* 1663).
- 1786 – Carl Wilhelm Scheele, Sweedse chemikus-apteker en ontdekker van 'n aantal chemiese stowwe (* 1742).
- 1931 – Carl George Klibbe, stigter en apostel van die Ou Apostoliese Kerk (* 1852).
- 1935 – Hugo de Vries, Nederlandse plantkundige (* 1848).
- 1952 – John Garfield, Amerikaanse akteur (* 1913).
- 1971 – Dennis King, Engelse rolprentakteur (* 1897).
- 1972 – Iwan Konef, Sowjetmaarskalk in die Rooi Leër (* 1897).
- 1981 – Trevor Lloyd Wadley, Suid-Afrikaanse fisikus en uitvinder (* 1920).
- 2000 – Sir John Gielgud, Britse akteur (* 1904).
- 2000 – Barbara Cartland, Britse skryfster (* 1901).
- 2005 – Stephanus Francois Kotzé, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Plurale Ontwikkeling (* 1922).
- 2014 – Anthony Hall-Martin, kenner op die gebied van swartrenosters en die Afrika-olifant (* 1945).
- 2023 – Ray Stevenson, Engelse akteur (* 1964).
- 2024 – James Selfe, Suid-Afrikaanse DA-politikus (* 1955).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 May. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar