<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
28 Julie is die 209de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (210de in skrikkeljare). Daar volg nog 156 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 754 – Pous Stefanus II salf Pepyn die Jongere as "patricius romanorum". Dit lê die grondslag vir die Heilige Romeinse Ryk.
- 1265 – Karel van Anjou in Rome gekroon as koning van Sisilië, deur vier kardinale waaronder kardinaal Giacomo Savelli, die latere Pous Honorius IV.
- 1794 – Terreurbewind leier Maximilien Robespierre word per guillotine tereggestel.
- 1817 – Pous Pius VII stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Alexandre-Angélique de Talleyrand-Périgord, voormalige aartsbiskop van Reims, Frankryk.
- 1914 – 'n Maand na die moord op die troonopvolger van Oostenryk-Hongarye, Frans Ferdinand, word oorlog met Serwië verklaar en neem die Eerste Wêreldoorlog 'n aanvang.
- 1927 – 'n Treinongeluk naby Mapleton in Transvaal eis die lewe van 29 mense; 57 word beseer.
- 1935 – Nooiensvlug van die Boeing B-17 Flying Fortress bomwerper.
- 1945 – 'n B-25 bomwerper vlieg teen die Empire State-gebou vas; op die 78ste vloer.
- 1952 – Pakistan word 'n volle lid van die Imperiale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR).
- 1964 – Ranger 7 word gelanseer op sy tog na die maan.
- 1976 – 'n Aardbewing wat 8.3 op die Richterskaal meet, verwoes Tangshan, Volksrepubliek China, met 242 769 sterftes en 164 851 beserings tot gevolg.
- 1990 – Alberto Fujimori word President van Peru en die eerste persoon van Oos-Asiese afkoms om die uitvoerende hoof van 'n nie-Asiese land te word.
- 1995 – Viëtnam betree die ASEAN.
- 1996 – Die oorblyfsels van die prehistoriese Kennewick-man word ontdek.
Geboortes
- 1635 – Robert Hooke, Engelse argitek, chemikus, filosoof, fisikus, sterrekundige en wiskundige († 1703)
- 1804 – Ludwig Feuerbach, Duitse filosoof († 1872).
- 1844 – Gerard Manley Hopkins, Britse digter en priester († 1889).
- 1873 – Walter Madeley, leiersfiguur in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1947).
- 1902 – Karl Popper, Oostenrykse-Britse filosoof († 1994).
- 1916 – Schalk Pienaar, joernalis en koerantredakteur († 1978).
- 1925 – Saul B. Cohen, Amerikaanse geograaf en universiteitsprofessor († 2021).
- 1929 – Jacqueline Kennedy Onassis, 'n Amerikaanse boekredakteur, sosiale vlinder asook die Eerste Dame van die Verenigde State van Amerika, († 1994).
- 1936 – Sir Garfield Sobers, Wes-Indiese krieketspeler.
- 1941 – Riccardo Muti, Italiaanse dirigent.
- 1951 – Santiago Calatrava Valls, Spaanse argitek.
- 1954 – Hugo Chávez, staatspresident van Venezuela († 2013).
- 1955 – Anneline Kriel, Suid-Afrikaanse model, aktrise en Mej. Wêreld.
- 1958 – Deon van der Walt, Suid-Afrikaanse tenoor († 2005).
- 1975 – Nic Stevens, Afrikaanse sanger, lid van Broers musiekgroep.
- 1984 – Maria Popova, Bulgaars-gebore, Amerikaans-gebaseerde skrywer en essayis.
- 1988 – Leandie du Randt, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes
- 450 – Theodosius II, keiser van Bisantium (* 401).
- 1057 – Pous Victor II, die 153ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ± 1018).
- 1655 – Cyrano de Bergerac, Franse dramaturg en soldaat (* 1619).
- 1741 – Antonio Vivaldi, Venesiaanse komponis in die Barok-era (* 1678).
- 1746 – John Peter Zenger, Duits-Amerikaanse uitgewer (* 1697).
- 1750 – Johann Sebastian Bach, Duitse musikant en komponis (* 1685).
- 1794 – Maximilien Robespierre, Franse politikus en prokureur (* 1758).
- 1842 – Clemens Brentano, Duitse digter en romansier en een van die belangrikste verteenwoordigers van die Duitse Romantiek (* 1778).
- 1852 – Andrew Jackson Downing, Amerikaanse landskapsontwerper, tuinboukundige en skrywer (* 1815).
- 1976 – Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) (* 1903).
- 1982 – Coert Steynberg, internasionaal-bekroonde Suid-Afrikaanse beeldhouer en ontwerper (* 1905).
- 2004 – Francis Crick, ontdekker van die struktuur van DNS (* 1916).
- 2015 – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbok-krieketkaptein (* 1949).
- 2020 – M.M. Walters, Afrikaanse Satiriese digter en dramaturg (* 1930).
- 2023 – Daniel Sleigh, Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en digter (* 1938).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Victor I in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Onafhanklikheidsdag in Peru (1821).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar