<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
4 Desember is die 338ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (339ste in skrikkeljare). Daar volg nog 27 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 963 – Keiser Otto I laat Pous Johannes XII afsit en vervang deur Pous Leo VIII.
- 1154 – Pous Adrianus IV volg Pous Anastasius IV op.
- 1563 – Pous Pius IV sluit die konsilie van Trente af.
- 1604 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word pouslike legaat in Frankryk.
- 1639 – Jeremiah Horrocks neem die eerste Venusoorgang waar.
- 1791 – The Observer, die eerste Sondagkoerant, verskyn vir die eerste keer.
- 1829 – Die satigebruik, 'n Hindu begrafnisgebruik waarvolgens 'n weduwee haarself lewend op haar man se brandstapel offer, word deur lord William Bentinck in Brits-Indië verban.
- 1893 – Die Shangani-patrollie word deur die Matabeles uitgewis.
- 1977 – Die president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek laat hom kroon as keiser Bokassa I.
- 1981 – Ciskei word 'n onafhanklike tuisland.
- 2014 – Chad le Clos stel 'n nuwe wêreldrekord op in die 100 m vlinderslag in 'n tyd van 48,44 sekondes tydens die kortbad-wêreldbyeenkoms in Doha.
- 2015 – President Xi Jinping van die Volksrepubliek China beloof in sy openingstoespraak by die Forum vir China-Afrika-Samewerking (FOCAC) spitsberaad, 'n bedrag van VS$ 60 miljard oor 'n tydperk van drie jaar in lenings en bystand aan die Afrika-kontinent, wat Afrika-China verhoudinge versterk.
Geboortes
- 1868 – Richard Roland Holst, Nederlandse beeldende kunstenaar († 1938).
- 1875 – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter († 1926).
- 1877 – Morris Alexander, Suid-Afrikaanse Volksraadslid vir Kaapstad-Kasteel († 1946).
- 1881 – Erwin von Witzleben, Duitse generale veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1944).
- 1892 – Francisco Franco, Spaanse militêre leier wat Spanje van 1939 tot sy dood as 'n diktator regeer het († 1975).
- 1898 – Maly Delschaft, Duitse aktrise († 1995).
- 1932 – Roh Tae-woo, Suid-Koreaanse politikus; president 1988-1993 († 2021).
- 1934 – Victor French, Amerikaanse akteur († 1989).
- 1936 – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2008).
- 1936 – Donnelly Rhodes, Amerikaanse akteur († 2018).
- 1949 – Jeff Bridges, Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger.
- 1951 – Patricia Wettig, Kanadese aktrise.
- 1962 – Alexander Litvinenko, voormalige FSB-lid sterf in Londen na vermoedelike vergiftiging met polonium-210 († 2006).
- 1964 – Marisa Tomei, Amerikaanse aktrise.
- 1973 – Tyra Banks, Amerikaanse aktrise en fotomodel.
- 1984 – Lauren London, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1131 – Omar Khayyam, Persiese digter, wiskundige, sterrekundige (* 1048).
- 1334 – Pous Johannes XXII, die 196ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1249).
- 1642 – Armand Jean du Plessis de Richelieu, Franse kardinaal en staatsman (* 1585).
- 1679 – Thomas Hobbes, Engelse filisoof (* 1588).
- 1798 – Luigi Galvani, Italiaanse natuurkundige (* 1737).
- 1850 – William Sturgeon, Britse natuurkundige en uitvinder (* 1783).
- 1893 – Allan Wilson, Rhodesiese soldaat (* 1856).
- 1899 – Dr. J.J. Kotzé, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1835).
- 1910 – Johann Heinrich Ferdinand Parow, Kaapse eiendomsmagnaat (* 1833).
- 1932 – Gustav Meyrink, Oostenrykse skrywer (* 1868).
- 1933 – Stefan George, Duitse digter (* 1868).
- 1951 – Harry Allen, Amerikaanse akteur (* 1883).
- 1975 – Hannah Arendt, Joods-Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms. (* 1906).
- 1976 – Benjamin Britten, Britse komponis (* 1913).
- 1990 – Edward Binns, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 1993 – Frank Zappa, Amerikaanse rockmusikant en komponis (* 1940).
- 2015 – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1930).
- 2019 – Ockie Oosthuizen, Springbokrugbyspeler (* 1955).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 December. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar