<< | September 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
7 September is die 250ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (251ste in skrikkeljare). Daar volg nog 115 dae.
Gebeure
- 878 – Pous Johannes VIII kroon Lodewyk II as koning van die Franke.
- 1159 – Pous Alexander III volg Pous Adrianus IV op.
- 1191 – Saladin word tydens die derde kruistog in die Slag van Arsuf verslaan.
- 1303 – Pous Bonifatius VIII word gevange geneem deur Guillaume de Nogaret en Sciarra van Colonna.
- 1714 – Die Bekragtiging van die Rastatter Vrede by 'n vredeskongres in Baden im Aargau beëindig die Spaanse Opvolgingsoorlog.
- 1818 – Karel III van Swede word as koning van Noorweë gekroon.
- 1822 – Brasilië verklaar onafhanklikheid van Portugal.
- 1940 – Die Blitz begin toe Nazi-Duitsland bomme op Londen laat val in die eerste van 57 opeenvolgende nagte van bombardering.
- 1974 - Die Lusaka-ooreenkoms tussen FRELIMO en die nuwe Portugese regering word onderteken. Daarvolgens onderneem Portugal om onafhanklikheid aan Mosambiek toe te ken.
- 1974 - Die Lusaka-ooreenkoms veroorsaak dat Portugese burgers in opstand kom in Lourenço Marques, Mosambiek. Die middestade en hawe word oorgeneem.
- 1977 – Verdrae tussen Panama en die VSA oor die status van die Panama-kanaal word geteken. Die VSA stem toe om beheer oor die kanaal oor te dra aan Panama teen die einde van die 20ste eeu.
- 1986 – Desmond Tutu word die eerste swart Aartsbiskop van Kaapstad en leier van die Anglikaanse kerk in Suid-Afrika.
- 1992 – In Bhisho in die voormalige Ciskei tuisland van Suid-Afrika sterf 24 mense en word 150 beseer toe soldate vyf minute lank blindelings op 'n 50 000-sterk ANC-betoging onder leiding van Cyril Ramaphosa skiet.
- 1997 – Prinses Diana van Wallis word in die Verenigde Koninkryk begrawe.
- 1997 – Die eerste toetsvlug van die Lockheed Martin F-22 Raptor vind plaas.
- 1998 – Google Inc. word gestig.
- 1999 – 'n Groot aardbewing in Athene, Griekeland laat enkele geboue ineenstort en 150 mense sterf.
- 2007 – Die sesde Rugbywêreldbeker begin in Frankryk.
- 2010 – Israel sluit by die OESO aan.
Geboortes
- 1533 – Koningin Elizabeth I van Engeland († 1603).
- 1756 – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat. († 1831).
- 1801 – Sarel Cilliers, Voortrekkerleier († 1871).
- 1850 – Henry Barber, grootwildjagter, ontdekkingsreisiger en sakeman († 1920).
- 1869 – Genl. Ben Viljoen, Boereoorlogstryder († 1917).
- 1884 – Lydia van Niekerk, eerste Afrikaanse vrou wat 'n professor geword het op Stellenbosch († 1929).
- 1908 – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie uitgevind en ontwikkel het († 2008).
- 1914 – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike († 2006).
- 1930 – Yuan Longping, Chinese onderwyser en landboukundige († 2021).
- 1939 – Stanislav Petrov, Sowjetse luitenant-kolonel († 2017).
- 1948 – Khalifa bin Zayed Al Nahayan, President van die Verenigde Arabiese Emirate sedert 2004 († 2022).
- 1963 – Carel van der Merwe, Suid-Afrikaanse skrywer, historikus en sakeman.
- 1965 – Angela Gheorghiu, Roemeense sopraan.
Sterftes
- 885 – Pous Adrianus III, die 109de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (Waarskynlik. Volgens die vasstelling van Pous Leo XIII) (* onbekend).
- 1910 – William Holman Hunt, Engelse skilder (* 1827).
- 1951 – Maria Montez, Dominikaans-Franse aktrise (* 1912)
- 1960 – Wilhelm Pieck, Duitse politikus, President van Oos-Duitsland (* 1873)
- 1971 – Spring Byington, Amerikaanse aktrise (* 1886)
- 1975 – M.E.R., Afrikaanse skrywer (* 1875).
- 1978 – Cecil Aronowitz, Suid-Afrikaansgebore altviolis (* 1916).
- 1994 – Dennis Morgan, Amerikaanse akteur (* 1908)
- 1996 – Bibi Besch, Amerikaanse aktrise (* 1942)
- 1997 – Mobutu Sese Seko, Kongolese militêre offisier en politikus, President van Zaïre/DRK (* 1930)
- 2001 – Billie Lou Watt, Amerikaanse aktrise en stemkunstenaar (* 1924).
- 2004 – Beyers Naudé, teoloog, anti-apartheidsrolspeler in Suid-Afrika (* 1915).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar