<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
9 Junie is die 160ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (161ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 205 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1604 – In sy laaste konsistorie stel Pous Clemens VIII nog 18 nuwe kardinale aan.
- 1722 – Pous Innocentius XIII leen die koninkryk van Napels en Sisilië aan keiser Karel IV.
- 1752 – Die Kroonprinses van Denemarke, 'n Deense skip, lei skipbreuk aan die kus van Mosselbaai.
- 1882 – Nederlands word as amptelike taal in die Kaapse parlement erken.
- 1934 – Donald Duck maak sy debuut in die Silly Symphonies-tekenprent The Wise Little Hen.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Pantserbrigade van Erwin Rommel steek die Seine-rivier oor.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Lidici massamoord deur die SS.
- 1967 – Israel val die Golanhoogland binne.
- 1967 – Militêre diensplig word verpligtend vir blanke Suid-Afrikaanse mans.
- 1970 – Koning Hussein het 'n noue ontkoming toe gewapende sluipmoordenaars op sy motorstoet vuur naby sy somerpaleis.
- 1979 – Die tweede Krieketwêreldbeker begin in Engeland.
- 1983 – Margaret Thatcher se Konserwatiewe Party wen met 'n oorweldigende meerderheid om haar tweede termyn as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk te verseker.
- 1983 – Die derde Krieketwêreldbeker begin in Engeland en Wallis.
- 1989 – Die noodtoestand van drie jaar in Suid-Afrika word verleng.
- 1990 – 28 Politieke gevangenes word op Robbeneiland vrygelaat, kragtens 'n aankondiging in die parlement deur pres. F.W. de Klerk.
Geboortes
- 1640 – Leopold I, Heilige Romeinse Keiser († 1705).
- 1661 – Fjodor III van Rusland, tsaar van Rusland († 1682).
- 1672 – Tsaar Pieter die Grote van Rusland († 8 Februarie 1725).
- 1812 – Johann Gottfried Galle, Duitse astronoom en die eerste persoon wat Neptunus aanskou het († 1910).
- 1862 – Sir Herbert Baker, Britse argitek († 1946).
- 1864 – Jeanne Bérangère, Franse aktrise († 1928).
- 1868 – Laurens Meintjes, Suid-Afrika se eerste wêreldkampioen in fietsry († 1941).
- 1887 – Emilio Mola, Spaanse generaal wie se deelname aan 'n staatsgreep in 1936 die Spaanse Burgeroorlog ontketen het († 1937).
- 1890 – Leslie Banks, Engelse akteur en vervaardiger († 1952).
- 1901 – M.D.C. de Wet Nel, Suid-Afrikaanse politikus († 1984).
- 1912 – Albert Kimmerling, pioniersvlieënier wat die eerste vliegtuigvlug in Afrika (en Suid-Afrika) onderneem het († 1882).
- 1925 – Hermie Hendriks, joernalis, redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor († 2020).
- 1935 – Japie van Wyk, Suid-Afrikaanse politikus († 2021).
- 1936 – Pieter Pieterse, Afrikaanse skrywer en tv-sjef († 2002).
- 1941 – Christine Basson, Suid-Afrikaanse aktrise († 2019).
- 1943 – Charles Saatchi, Irakese sakeman, mede-stigter van die advertensieagentskap Saatchi & Saatchi.
- 1954 – Elizabeth May, Amerikaans-Kanadese omgewingsaktivis, prokureur en politikus.
- 1955 – Alexander Strachan, Afrikaanse skrywer.
- 1961 – Michael J. Fox, Kanadees-Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer.
- 1963 – Johnny Depp, Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant.
- 1964 – Gloria Reuben, Kanadees-Amerikaanse aktrise.
- 1979 – Quinne Brown, Afrikaanse sepie-aktrise.
- 1981 – Natalie Portman, Israeli-Amerikaanse aktrise.
- 1984 – Wesley Sneijder, Nederlandse sokkerspeler.
Sterftes
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 June. |
- 68 – Nero, Romeinse keiser (* 37).
- 597 – Columba van Iona, Ierse monnik en sendeling (* 521).
- 1870 – Charles Dickens, Britse skrywer (* 1812).
- 1927 – Victoria Woodhull, Amerikaanse aktivis vir vroueregte (* 1838).
- 1928 – Ds. Abraham Kriel, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en stigter van die Langlaagte-weeshuis (* 1850).
- 1929 – Louis Bennison, Amerikaanse verhoog- en en stilfilmakteur (* 1884).
- 1932 – Ds. Taetse Hamersma, Nederlandsgebore predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. (* 1865).
- 1946 – Rama VIII of Ananda Mahidol, koning van Thailand (* 1926).
- 1958 – Robert Donat, Engelse akteur (* 1905).
- 1973 – Erich von Manstein, Duitse generaal (* 1887).
- 1976 − Paul Rodenko, belangrike Nederlandse digter, kritikus, essayis en vertaler (* 1920).
- 1976 – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer (* 1896).
- 1991 – Claudio Arrau, Chileens-Amerikaanse pianis (* 1903).
- 1993 – Alexis Smith, Amerikaanse aktrise (* 1921).
- 2014 – Rik Mayall, Engelse komediant, akteur en skermskrywer (* 1958).
- 2017 – Adam West, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1928).
- 2017 – Carl von Hirschberg, 'n Suid-Afrikaanse diplomaat (* 1926).
- 2008 – Ousmane Sembène, Senegalese skrywer en filmvervaardiger (* 1923).
- 2021 – Edward De Bono, Malteesgebore skrywer (* 1933).
- 2021 – Saul B. Cohen, Amerikaanse geograaf en universiteitsprofessor (* 1925).
- 2022 – Matt Zimmerman, Kanadese akteur (* 1934).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- 1832 – Cum Primum, oor burgerlike gehoorsaamheid, deur Pous Gregorius XVI.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar