Die Afar (Afar: Qafár) is 'n etniese groep inheems aan die Afar-driehoek van noordelike Ethiopië, suidelike Eritrea en noordelike Djiboeti. Volgens die nasionale sensus van 2007 leef sowat 1,8 miljoen Afar in Ethiopië, sowat 1,73% van dié land se bevolking. Hulle praat Afar, 'n Koesjitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.
Afar | |
---|---|
'n Afar-man in tradisionele nomadiese klere. | |
Totale bevolking: | ca. 2,6 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Ethiopië 1 812 002 Eritrea 526 000 |
Taal: | Afar |
Geloofsoortuiging: | Islam |
Verwante etniese groepe: | Agaw • Amhare • Beja • Gurage • Harari • Oromo • Saho • Somaliërs • Tigrinya • Tigre • ander Koesjitiese volke |
Die Afar is een van die kleiner etniese groepe in Ethiopië en vorm die titulêre nasie van die Afar-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Daarbenewens leef sowat 526 000 Afar in Eritrea en omtrent 306 000 Afar in Djiboeti. Tussen 1973 en 1991 het die separatistiese Afar-Bevrydingsfront vir 'n onafhanklike Afar-staat geveg.
In Djiboeti is sowat 35% van die bevolking etniese Afar, die tweede grootste etniese groep na die Somaliërs (60%). In Eritrea vorm hulle een van die kleiner etniese groepe met sowat 526 000 mense.
Verwysings
- (en) "Central Statistical Agency of Ethiopia (CSA) – 2017". Central Statistical Agency of Ethiopia (CSA). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2017. Besoek op 24 Mei 2018.
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Afar" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 9 September 2018.
- (en) Joireman, Sandra F. (1997). Institutional Change in the Horn of Africa: The Allocation of Property Rights and Implications for Development. Universal-Publishers. p. 1. ISBN 1-58112-000-1.
- "Q&A: Ethiopia's Afar region" (in Engels). BBC. 18 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2017. Besoek op 9 September 2018.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Afar (volk).
- (en) "Afar". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 September 2018.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar