Die Aramese alfabet is ’n aanpassing van die Fenisiese alfabet en het teen die 8ste eeu v.C. as ’n aparte alfabet ontwikkel. Die letters stel almal konsonante voor en dit is dus nie ’n volwaardige alfabet nie, maar ’n abjad.
Aramese alfabet | ||||
Tweetalige Aramese en Griekse inskripsie, 3de eeu v.C. | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | 800 v.C. - 600 n.C. | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Aramees, Hebreeus, Siries, Mandees | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Egiptiese hiërogliewe
| |||
ISO 15924 | Armi, 124 | |||
Unicode | Imperial Aramaic, U+10840–U+1085F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Aramese alfabet is histories belangrik omdat feitlik alle moderne Midde-Oosterse skryfstelsels asook baie stelsels van Sentraal- en Oos-Asië terugherlei kan word daarheen. Dit is hoofsaaklik omdat die taal Aramees wydverspreid voorgekom het en ook die amptelike taal was van die Nieu-Assiriese Ryk en sy voorloper, die Achaemenidiese Ryk. Tussen die skrifte wat vandag gebruik word, is die Hebreeuse alfabet die naaste aan die Keiserlike Aramese skryfstelsel van die 5de eeu v.C..
Geskiedenis
Vir die vroegste inskripsies in Aramees is die Fenisiese alfabet gebruik. Mettertyd het die alfabet verander in die vorm wat hier onder gewys word. Aramees het geleidelik die gebruikerstaal regdeur die Midde-Ooste geword – die skrif het aanvanklik die Assiriese wigskrif aangevul en later vervang as die belangrikste skryfstelsel.
Omstreeks 500 v.C., ná die verowering van die Achaemenides onder Darius I van Persië is Oud-Aramees deur die veroweraars aanvaar as die vorm van geskrewe kommunikasie tussen die verskillende streke van die uitgebreide ryk met sy talle volke en tale. Die gebruik van ’n enkele amptelike taal, wat moderne geleerdes Keiserlike Aramees noem, het waarskynlik grootliks bygedra tot die verstommende sukses van die Achaemenides om hul groot ryk vir so lank te laat voortduur.
Eeue ná die val van die Achaemenidiese Ryk in 331 v.C. het die taal nog ’n groot invloed op verskeie Iranse tale gehad. Die skrif het nog voortgeduur as die basiese eienskappe van die Pahlewi-skrif.
Later is die alfabet gebruik om die Hebreeuse alfabet te skep. Voor dié tyd is Hebreeus geskryf in ’n skrif wat nader aan die Fenisiese alfabet was. Ook die alfabette van die Levant, Persië, Sentraal-Asië en Indië word beskou as uitlopers van die Aramese alfabet.
Aramees is ook die taal waarin groot dele van die Bybelse boeke Daniël en Esra geskryf is, en die hooftaal van die Joodse Talmoed. Dit was daarnaas die moedertaal van Jesus.
Keiserlike Aramese alfabet
Skryfstelsels |
---|
Abjad |
Oorgeteken uit A Grammar of Biblical Aramaic, Franz Rosenthal; vorms is soos dié in die 5de eeu v.C. in Egipte.
Naam | Vorm | Ekwivalente letter in … | Klankwaarde | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Hebreeus | Arabies | Siries | Brahmi | Nabatees | Pahlavi | Kharosthi | Mandees | |||
Ālaph | א | أ | ܐ | /ʔ/; /aː/, /eː/ | ||||||
Bēth | ב | ب | ܒ | /b/, /v/ | ||||||
Gāmal | ג | ج | ܓ | /ɡ/, /ɣ/ | ||||||
Dālath | ד | د | ܕ | /d/, /ð/ | ||||||
Hē | ה | ﻫ | ܗ | ? | ? | /h/ | ||||
Waw | ו | و | ܘ | /w/; /oː/, /uː/ | ||||||
Zain | ז | ز | ܙ | ? | ? | /z/ | ||||
Ḥēth | ח | خ,ح | ܚ | ? | ? | /ħ/ | ||||
Ṭēth | ט | ط | ܛ | /tˤ/ met klem | ||||||
Yudh | י | ي | ܝ | /j/; /iː/, /eː/ | ||||||
Kāph | כ ך | ك | ܟܟ | /k/, /x/ | ||||||
Lāmadh | ל | ل | ܠ | /l/ | ||||||
Mim | מ ם | م | ܡܡ | /m/ | ||||||
Nun | נ ן | ن | ܢܢ ܢ | /n/ | ||||||
Semkath | ס | س | ܣ | /s/ | ||||||
‘Ē | ע | غ,ع | ܥ | ? | ? | /ʕ/ | ||||
Pē | פ ף | ف | ܦ | /p/, /f/ | ||||||
Ṣādhē | , | צ ץ | ص | ܨ | /sˤ/ met klem | |||||
Qoph | ק | ق | ܩ | /q/ | ||||||
Rēsh | ר | ر | ܪ | /r/ | ||||||
Shin | ש | ش,س | ܫ | /ʃ/ | ||||||
Tau | ת | ت,ث | ܬ | /t/, /θ/ |
Unicode
Die Aramese alfabet is by die Unicode-standaard gevoeg in Oktober 2009, met die uitreiking van weergawe 5.2. Die Unicode-blok vir Keiserlike Aramees is U+10840–U+1085F.
Sien ook
- Geskiedenis van die alfabet
Verwysings
- Shaked, Saul (1987). "Aramaic". Encyclopedia Iranica 2. New York: Routledge & Kegan Paul. 250–261.
- Geiger, Wilhelm; Kuhn, Ernst (2002). "Grundriss der iranischen Philologie: Band I. Abteilung 1". Boston: Adamant: 249ff.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
((hulp))
Bronne
- Byrne, Ryan. “Middle Aramaic Scripts.” Encyclopaedia of Language and Linguistics. Elsevier. (2006)
- Daniels, Peter T., et al. reds. The World's Writing Systems. Oxford. (1996)
- Coulmas, Florian. The Writing Systems of the World. Blackwell Publishers Ltd, Oxford. (1989)
Eksterne skakels
- Vergelyking met verwante alfabette
- Aramees by Omniglot
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aramese alfabet.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar