Bothaville is 'n dorp in die noordweste van die Vrystaat, Suid-Afrika en is 5 km oos van die Vaalrivier aan die Valsrivier geleë.
Bothaville | |
---|---|
NG-gemeente Bothaville | |
Bothaville Bothaville se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 27°23′0″S 26°37′0″O / 27.38333°S 26.61667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Nala |
Stigting | 1889 |
Oppervlak | |
• Totaal | 33,26 km2 (12,84 vk. myl) |
Hoogte | 1 276 m (4 186 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 4 152 |
• Digtheid | 125/km2 (320/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 54.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 1.0% |
• Swart mense | 43.0% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 59% |
• Sotho | 30.0% |
• Xhosa | 3.5% |
• Engels | 2.9% |
• Ander | 4.6% |
Poskode (strate) | 9660 |
Poskode (posbusse) | 9660 |
Skakelkode | 056 |
Webwerf | http://www.bothaville.co.za/ |
Geskiedenis
Dorpstigting was in 1891 op die plaas Gladdedrift en die dorp was aanvanklik as Botharnia bekend. Die plaas Johannesrus was ook oorweeg as 'n alternatief vir dorpsvestiging, maar daar is op Gladdedrift besluit na aanleiding van die beskikbaarheid van voldoende water uit die Valsrivier. Botharnia is in 1893 hernoem na Bothaville. Die dorp is vernoem na Theunis Louis Botha, die oorspronklike eienaar van die plaas.
Bothaville is geleë in Suid-Afrika se 'someroesgebied' en die omgewing is hoofsaaklik saaiwêreld. As gevolg van besondere goeie mielieopbrengste staan Bothaville ook bekend as die hoofstad van die mieliedriehoek, 'n gebied wat oor die someroesgebied strek tussen Smithfield, Mahikeng en Machadodorp. Sommige bronne lys die driehoek as Ladybrand, Mahikeng en Carolina.
Bothaville het ook bekendheid verwerf vir grootskaalse produksie en bemarking van plaasimplemente deur die Vetsakfabriek (Vrystaat en Transvaalse Sentrale Aankoopkoöperasie) en "Gert Venter Nywerhede Edms Bpk". Bothaville bied die jaarlikse "NAMPO Oesdag" landbouskou aan, wat as een van die grootste van sy soort ter wêreld beskou word.
Tweede Vryheidsoorlog
Op 6 November 1900 word Generaal de Wet verras deur die Engelse Magte onder leiding van Majoor-Generaal Knox. De Wet en President Steyn ontsnap egter maar De Wet verloor al sy kanonne. Nege Boerevegters sneuwel en 100, waarvan sommige gewond, word gevange geneem. Aan die Britse kant sneuwel dertien soldate en 33 word gewond onder andere lt.kol. P.W.J Gallais.
Muur van Herinnering
In 2007 is 'n Muur van Herinnering in NAMPO Park aangebring tot nagedagtenis aan die kommersiële boere en plaaswerkers wat sedert Mei 1961 in plaasmoorde omgekom het. Die Muur van Herinnering bevat nege pilare, een vir elke provinsie, en 'n standbeeld van 'n boer wat 'n bybel in die hand hou.
Boorlinge van Bothaville
- Daniël Krige, ingenieur & professor.
- Gerda Steyn, maraton- en ultra-maratonatleet.
- , Blou Bulle- en Springbokrugbyspeler.
- Elize Cawood, aktrise.
Sien ook
- Gereformeerde kerk Bothaville
- Kgotsong, sy township
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- NAMPO Oesdag
- NG gemeente Bothaville
Verwysings
- "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- "Hoofplek Bothaville". Sensus 2011.
- (en) Vrystaat Toerisme – Bothaville
- (en) GraanSA
- * The War Reporter. J.E.H. Grobler. Jonathan Ball Publishers. 2004. ISBN 978-1-86842-186-2
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 31 Julie 2020.
Eksterne skakels
- (en) Amptelike webwerf
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar