Die Darlingtondam (voorheen bekend as die Mentzmeer) is geleë in die Sondagsrivier in die Oos-Kaap. Die dam is gedurende 1922 voltooi. Dit het 'n bakmaat van 187 miljoen m3 met die wal wat 35.3 m hoog is. Die dam is belangrik omrede water uit die Gariepdam via die tonnels en kanale na die Darlingtondam oorgedra word wat uiteindelik Port Elizabeth bereik.
Darlingtondam | |
---|---|
Ligging | Kirkwood |
Provinsie/Land | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°12′22″S 25°8′1″O / 33.20611°S 25.13361°O |
Dam in | Sondagsrivier |
Doel | Besproeiing, nywerheid en huishoudelik |
Openingsdatum | 1922 (Opgeknap in 1952) |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 35.3 m |
Lengte van wal | 230 m |
Reservoir | Mentzmeer |
Kapasiteit | 187 000 000 m³ |
Opvanggebied | 16 700 km2 |
Damoppervlak | 3452.7 ha |
Aanvanklik was die opgaarvermoë amper 118 miljoen m³. Met die verhoging van die wal in 1935-1936, deur toeslikking genoodsaak, is dit met 23½ miljoen m³ vermeerder. Toe die wal in 1948-1952 vir ‘n tweede keer verhoog is, is die volume van die dam tot net meer as 165 miljoen m³ vergroot. Die besproeibare oppervlakte was daarna net minder as 9 500ha.
Die naaste groot dorp is Kirkwood.
Sien ook
- Darlington, verdronke dorpie onder die Darlingtondam
- Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
- http://www.dwa.gov.za
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar