De Rust is dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë aan die suidelike ingang van Meiringspoort op die N12 nasionale pad. Ongeveer 5 km suidoos van De Rust word die Olifantsrivier in die Stompdriftdam opgedam.
De Rust | |
---|---|
Die kerkgebou van die NG gemeente De Rust, gestig in 1899 | |
De Rust De Rust se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 33°29′20″S 22°32′00″O / 33.48889°S 22.53333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Oudtshoorn |
Stigting | 1900 |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,63 km2 (6,81 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 3 566 |
• Digtheid | 202/km2 (520/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 87.4% |
• Swart mense | 2.5% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 93.6% |
• Engels | 4.1% |
• Ander | 2.3% |
Skakelkode | 044 |
De Rust is in 1900 gestig op die plaas De Rust waarvan die eerste eienaar J.P. Meiring was na wie Meiringspoort genoem is. Die naaste groot dorp is Oudtshoorn, 35 km wes van De Rust.
Dit is in 2011 aangewys as Rapport en (Kwêla) se "Dorp van die Jaar".
Wapen
De Rust se munisipale raad het in 1988 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In rooi, aan die kante rond uitgesny van goud, 'n golwende versmalde dwarsbalk van die een in die ander, blou en goud, in die skildhoof 'n silwer vyfpuntige ster. Die helmteken is 'n druiwetros tussen twee volstruisvere, en die wapenspreuk "Rus en vrede".
Sien ook
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Broer Matie, rolprent wat hier verfilm is.
- NG gemeente De Rust
Bron
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
Verwysings
- "Hoofplek De Rust". Sensus 2011.
- National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar