Duinkerken (Frans: Dunkerque, Nederlands: Duinkerke of Duinkerken, Engels: Dunkirk, Duits: Dünkirchen) is 'n nywerheids- en hawestad in die noorde van Frankryk, in die département Nord in die gewes Hauts-de-France, naby aan die Belgiese grens. Die stad het omtrent negentigduisend inwoners. Duinkerken is die hoofstad van die gelyknamige arrondissement wat rofweg gelykstaande is aan die Weshoek in Frans-Vlaandere.
Ville de Dunkerque | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Hauts-de-France |
Département | Nord |
Koördinate | 51°02′N 2°23′O / 51.033°N 2.383°O |
Stigting | 7de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 43,89 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0-17 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 89 882 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 088/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 257 259 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Patrice Vergriete |
Amptelike webwerf | ville-dunkerque.fr |
Duinkerken is deur die Vlaamse grawe gestig om as 'n hawe aan die Noordsee te dien. Die stad is van historiese belang veral vanweë die Duinkerken-Kapers in die Tagtigjarige oorlog, en ook as die basis vir die ontruiming van geallieerde troepe na Engeland gedurende die Slag van Duinkerken tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Verwysings
- Volgens die 2013-sensus het die stad 'n bevolking van 89 882 gehad.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Duinkerken.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar