Edmond Halley (Londen, 8 November 1656 - Greenwich, 14 Januarie 1742) was ’n Britse sterrekundige, in Oxford en direkteur van die Greenwich-sterrewag.
Edmond Halley | |
Gebore | 8 November 1656 Londen, Engeland |
---|---|
Oorlede | 14 Januarie 1742 (op 85) Greenwich, Engeland |
Nasionaliteit | Engels/Brits |
Vakgebied | Sterrekunde, geofisika, wiskunde, meteorologie, fisika, kartografie |
Alma mater | Universiteit van Oxford |
Bekend vir | Halley se Komeet |
Hy het die eerste (teleskopiese) studie van die sterre van die suidelike hemelruim gemaak. Hy het die posisie van 340 sterre bepaal en dit in die Catalogus Stellarum Australium gepubliseer. Halley is veral bekend vir sy werk op die gebied van komeetbane: Hy het ontdek dat die komete van 1531, 1607 en 1682 dieselfde een is wat elke 76 jaar terugkeer. Dit is nou bekend as Halley se Komeet. Dit het in 1986 die laaste keer hier sy verskyning gemaak en sal weer in middel 2061 van die Aarde af te sien wees. Halley het ook die eiebeweging van sterre (die verplasing van sterre aan die hemelruim ten opsigte van die agtergrondsterre) ontdek.
Lewe en loopbaan
Halley is op 8 November 1656 in Londen gebore en van jongs af het hy in die sterre belang gestel. In 1676, as 20-jarige student aan die Universiteit van Oxford, het hy reeds 'n verhandeling oor planeetbane gepubliseer. Sy studies het hom met John Flamsteed, hoof van die pas gestigte Greenwich-sterrewag wat in 1675 opgerig is, in aanraking gebring.
Flamsteed wou die sterre van die noordelike hemelruim begin katalogiseer en Halley was gretig om dieselfde met die suidelike sterrehemel te doen. Die Britse regering het hom in 1676 na St. Helena, die suidelikste Britse besitting in die Atlantiese Oseaan, gestuur om navorsing te doen. Hy het die posisies van 340 sterre gekatalogiseer en sy waarnemings is in 1679 in die gepubliseer.
Dit was van die eerste sistematiese navorsing wat met 'n teleskoop gedoen is. Die teleskoop was 'n betreklik nuwe uitvindsel van Galilei, wat die eerste teleskoop aan die begin van die eeu gebou het. Met sy terugkeer het Halley sy M.A.-graad aan die Universiteit van Oxford verwerf en lid geword van die Royal Society. Hy het 'n private sterrewag by Islington opgerig en met Isaac Newton, die geniale Britse wetenskaplike, bevriend geraak. In 1687 het Halley op eie koste Newton se Principia laat druk.
Tussen 1698 en 1700 het hy ʼn seereis in die suidelike Atlantiese Oseaan onderneem om navorsing in verband met die aarde se magneetveld te doen. Op sekere plekke wyk die magneetnaald af van die geografiese noorde en Halley het ʼn isogoonkaart vir skeepvaart opgestel om sulke plekke aan te dui. In 1703 is Halley as hoogleraar in die meetkunde in Oxford aangestel en in 1720 het hy Flamsteed as hoof van die opgevolg. Deur vergelykings tussen moderne sterposisies en die wat eeue tevore aangeteken was, het Halley vasgestel dat sommige van die sogenaamde "vaste" sterre soos Sirius, Arcturus en Aldebaran se posisies ten opsigte van ander sterre verander het. Dit was van die eerste aanduidings dat feitlik alle hemelliggame beweeg. As hoof van Greenwich het Halley homself 'n 18 jaar lange taak opgelê, naamlik 'n studie van die maanbaan se posisies om die son. Die werk is kort voor sy dood op 25 Januarie 1742 voltooi en in 1752 gepubliseer as , wat 'n waardevolle bydrae tot seevaart en die wetenskap was.
Halley se komeet
Halley se grootste bydrae was op die gebied van die sterrekunde vir sy werk oor komeetbane. Deur sommige van sy vriend Isaac Newton se wiskundige metodes te gebruik, het Halley die bane van 24 komete wat sedert die 14e eeu verskyn het, bereken. Die bane van drie komete wat in 1531, 1607 en 1682 verskyn het, het ooreengestem en Halley het afgelei dat dit dieselfde komeet moes wees, met 'n wenteltyd van 76 tot 79 jaar. Hy het voorspel dat die komeet, wat uiteindelik "Halley se komeet" genoem is, weer in 1758 of 1759 sou verskyn. In Desember 1758 het die komeet toe wei sy verskyning gemaak.
Halley het hiermee ook bewys dat komete, wat in ontsaglike elliptiese bane om die son beweeg, deel van die sonnestelsel is. Voorheen is geglo dat komete sporadies hul verskyning maak en dan weer vir altyd verdwyn. Halley se berekenings is uiteengesit in A Synopsis of the astronomy of comets (1705). Volgens geskiedkundige geskrifte is Halley se komeet in 240 v.C. reeds waargeneem. Die komeet is laas in 1910 gesien, slegs 89 miljoen km van die son af. Sy afstand van die aarde was nog minder, naamlik 23 miljoen km.
Verwysings
- O. Ajiki en R. Baalke. "Orbit Diagram (Java) of 1P/Halley" (in Engels). Jet Propulsion Laboratory Solar System Dynamics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 1 Augustus 2008.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar