Eerste Dame is die nie-amptelike titel wat toegeken word aan die eggenote van 'n staatshoof, burgemeester of uitvoerende hoof. Dit kan ook gebruik word om 'n vrou te beskryf wat die bopunt van haar beroep of 'n bepaalde kuns bereik het. As die president 'n vrou is, word haar eggenoot soms die Eerste Heer genoem, maar in sommige gevalle het die eggenoot nie 'n spesifieke titel nie. Die staatshoof se gesin word soms die Eerste Familie genoem.
Die rol van die Eerste Dame verskil van land tot land. Moontlike take wat van so 'n persoon verwag word, sluit in: die reël van byeenkomste, om haar man op internasionale reise te vergesel, om as hoof van liefdadigheidsinstellings te dien.
Die term Eerste Dame is 'n direkte vertaling van die Italiaanse prima donna, die vroulike hoofrol in 'n opera, of 'n pretensieuse man of vrou.
Voorbeelde
'n Paar voorbeelde van Eerste Dames ter illustrasie:
Eerste Dames van Suid-Afrika:
- Tini Vorster, eggenote van John Vorster
- Marietjie Viljoen, eggenote van Marais Viljoen
- Elize Botha, eggenote van P.W. Botha
- Marike de Klerk, eggenote van F.W. de Klerk
- Graça Machel, eggenote van Nelson Mandela
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar