Die Pharos Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands of die Prisma groot woordenboek Afrikaans en Nederlands is 'n verklarende en vertalende woordeboek. Die woordeboek vergelyk Afrikaans en Nederlands.
Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands | |
---|---|
Skrywer | em. prof. dr. Willy Martin (hoofredaksie) dr. Else Boekkooi prof. dr. Rufus Gouws drs. Isa Maks prof. dr. Luc Renders |
Land | België Namibië Nederland Suriname Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans Nederlands |
Genre | Woordeboek |
Uitgewer | (NL/B/SRN) (ZA/NA) |
Uitgegee | 23 April 2011 (Nederland) 24 April 2011 (België) 26 Augustus 2011 (Suid-Afrika) |
Bladsye | 2228 |
ISBN | 9781868901203 (Pharos) 9789049102562 (Prisma) |
Letterkunde-portaal |
Die Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands is die eerste woordeboek in die wêreld wat twee op mekaar gelykende tale amalgameer. Die woordeboek bestaan uit net een deel, waarin woorde uit beide tale deur mekaar - maar wel in alfabetiese volgorde - beskryf en vertaal word. Die woordeboek word ook ANNA genoem.
Inisiatief
Op 9 April 1998 het Harry Brinkman, erevoorsitter van die Stigting ZASM (wat voortspruit uit die Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij), professor van die Vrije Universiteit Amsterdam benader met die idee 'n Afrikaans-Nederlandse woordeboek te skryf. Die projek het in 1999 begin en is deur ses universiteite ondersteun:
- Katolieke Universiteit Leuven
- Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit
- Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus
- Universiteit Stellenbosch
- Universiteit van Hasselt
- Vrije Universiteit Amsterdam
Sien ook
Verwysings
- Amptelike skryfwyse van die uitgewer.
- (nl) Afrikaans is amper Nederlands , 23 April 2011, geraadpleeg op 4 Desember 2011
- ANNA is 'n akroniem vir Afrikaans-Nederlands-Nederlands-Afrikaans, omdat alle Afrikaanse en Nederlandse woorde deur mekaar gelys is.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar