Heidelberg is 'n dorp met 35 563 inwoners in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika. Heidelberg is geleë aan die voet van die , langs die N3-snelweg wat Johannesburg met Durban verbind. Die dorp het in 1862 ontstaan as 'n handelstasie, opgerig deur 'n Duitser, H.J. Uekermann.
Heidelberg | |
---|---|
Heidelberg se stadsaal | |
Heidelberg Heidelberg se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 26°30′02″S 28°21′30″O / 26.50056°S 28.35833°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Distrik | Sedibeng |
Munisipaliteit | Lesedi |
Stigting | 1886 |
Oppervlak | |
• Totaal | 40,26 km2 (15,54 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 35 563 |
• Digtheid | 883/km2 (2 290/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 37.3% |
• Indiërs/Asiërs | 3.2% |
• Bruin mense | 1.8% |
• Swart mense | 56.8% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 37.6% |
• Zoeloe | 25.0% |
• Sotho | 18.4% |
• Engels | 8.6% |
• Ander | 10.4% |
Poskode (strate) | 1441 |
Poskode (posbusse) | 1438 |
Skakelkode | 016 |
Besienswaardighede
- Heelwat van die geboue wat dateer uit die tydperk 1890 tot 1910 het behoue gebly en is steeds kenmerkend van Heidelberg.
- Die huis van A.G. Visser, die bekende Afrikaanse digter, is geleë in die dorp.
- Die Heidelberg-konsentrasiekamp-begraafplaas van vroue en kinders wat gesterf het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.
- Heidelberg-Vervoermuseum is gesluit nadat British American Tabacco hul geldelike steun onttrek het.
- Die Suikerbosrand Natuurreservaat het 'n groot verskeidenheid dier-, plant- en voëlspesies.
- was 'n gewilde ontspanningsoord met verskeie fasiliteite soos swem, piekniek en kampering, dit is nou 'n eksklusiewe woonbuurt met toegangsbeheer.
- Daar is 'n gedenkteken vir die Driemanskap wat die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1880 voorlopig uit Heidelberg bestuur het.
- Die NG Kerk, ingewy in 1890, is tot 'n nasionale monument verklaar.
- Heidelbergstadsaal, ontwerp deur Gerard Moerdijk, 1937
Distrik
Die distrik is 3 724 km2 groot. Die belangrikste produkte is suiwel, beesvleis en mielies.
Sien ook
- Driemanskap-monument
- Gereformeerde kerk Heidelberg
- Ander dorpe en stede met die naam Heidelberg
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
- "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 4 Februarie 2016.
- "Hoofplek Heidelberg". Sensus 2011.
- "Artefacts.co.za: Heidelberg Town Hall" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2017. Besoek op 8 Mei 2012.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Heidelberg, Gauteng. |
- Google-kaart
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar