- Hierdie artikel handel oor die dorp in Oos-Kaap, Suid-Afrika. Vir die Afrikaanse van, sien Hofmeyr (van).
Hofmeyr is 'n dorpie in die provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Hofmeyr | |
---|---|
Geboue in Hofmeyr se hoofstraat, oorkant die NG kerk. | |
Hofmeyr Hofmeyr se ligging in Oos-Kaap | |
Koördinate: 31°38′0″S 25°48′0″O / 31.63333°S 25.80000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Chris Hani |
Munisipaliteit | Enoch Mgijima |
Stigting | 1873 |
Regering | |
• Tipe | Deel van Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,9 km2 (6,5 vk. myl) |
Hoogte | 1 252 m (4 108 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 3 680 |
• Digtheid | 218/km2 (560/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 15.8% |
• Swart mense | 80.3% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 78.3% |
• Afrikaans | 18.2% |
• Engels | 1.5% |
• Ander | 2.0% |
Poskode (strate) | 5930 |
Poskode (posbusse) | 5930 |
Skakelkode | 048 |
Geskiedenis
Omstreeks 1870 het ene Daniel Marais op 'n plaas op die grense van die distrikte Cradock en Albert (met sy middelpunt Burgersdorp) gewoon. Dié twee dorpe is sowat 160 km uitmekaar. In die uitvoering van sy pligte as diaken van die NG gemeente Burgersdorp, het hy ontdek dat daar in sy omgewing jong mense was van 14 tot 16 jaar wat nog nooit die binnekant van 'n kerk of skool gesien het nie.
Hy het gevolglik besluit dat dié toestand nie langer kon voortduur nie en omdat die mense nie tot die ver verwyderde dorpe gebring kon word nie, het hy tot die oortuiging gekom dat die kerk en skool na die mense gebring moes word. 'n Gedeelte van die plaas Droefontein wat aan 'n welgestelde boer Gert Hendrik Petrus de Bruin behoort het, is daarna aangekoop en die dorp Maraisburg in 1873 daarop aangelê. Hierdie einste GHP de Bruin was later op 'n stadium die voorsitter van die Maraisburg munisipaliteit.
Die NG gemeente Maraisburg het in 1876 gevolg. Om verwarring met Maraisburg in Gauteng te voorkom, is die naam van die dorpie in 1913 na Hofmeyr verander ter ere van Jan Hendrik Hofmeyr ook bekend as 'Onze Jan'. Die gemeente se naam is eers laat in die dekade ná 1970 na Hofmeyr verander, ter wille van eenvormigheid.
Daar was egter nooit verwarring oor die naam nie, aangesien die NG gemeente in Maraisburg, Gauteng, Kriel geheet het, maar jare gelede reeds by die gemeente Florida ingelyf is.
Distrik
Merinowol is die belangrikste ekonomiese bedryf in die distrik.
Sien ook
- Gereformeerde kerk Hofmeyr
- NG gemeente Hofmeyr
- NG gemeente Kriel
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron
- B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4
Verwysings
- Som van die hoofplekke Hofmeyr en Luxolweni tydens 2011-sensus.
- Dictionary of Southern African Place names. URL besoek op 26 Julie 2013.
Eksterne skakels
- (en) Inligting oor Hofmeyr (sa-venues.com)
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar