Die Huis van Lancaster was ’n tak van die Engelse koningshuis van Plantagenêt. Dit was een van die strydende faksies in die 15de-eeuse Rose-oorlog, ’n burgeroorlog om die troon. Drie Engelse konings was van dié huis: Hendrik IV (1399–1413), Hendrik V (1413–1422) en Hendrik VI (1422–1461 en 1470–1471).
Huis van Lancaster | |
---|---|
Die rooi roos, embleem van die Huis van Lancaster. | |
Hoofhuis | Huis van Plantagenêt |
Voorganger | Huis van Plantagenêt (hooftak) |
Opvolger | Huis van York |
Stigter | Jan van Gent |
Bewind | 1362–1461 1470–1471 |
Eerste heerser | Hendrik IV |
Laaste heerser | Hendrik VI |
Die Huis van Lancaster stam af van Eduard III se derde oorlewende seun, Jan van Gent. Hy het getrou met die erfgenaam van verskeie landgoede, , en so het Gent die grootste grondeienaar in Engeland geword naas die koning. Richard II het egter ná Gent se dood in 1399 op sy grond beslag gelê. Gent se verbanne seun en erfgenaam, Hendrik (van) Bolingbroke, het later dieselfde jaar na Engeland teruggekeer om sy erfporsie op te eis. Hy het egter eindelik die bewind van die ongewilde Richard omvergewerp en is gekroon as Hendrik IV. So het hy die afstammelinge van Eduard III se tweede seun, , omseil wat toe die opponerende Huis van York geword het.
Hendrik IV is in 1413 deur sy seun, Hendrik V, en in 1422 deur sy kleinseun, Hendrik VI, opgevolg.
Hendrik VI was ’n swak koning en het met tye tekens van ’n geestesiekte getoon. Hy is in 1461 deur sy neef Eduard van York gevange geneem en dié het homself verklaar tot Eduard IV, die eerste koning van die Huis van York.
Hendrik het teruggeveg en in 1470 weer aan die bewind gekom, maar sowat ses maande later is hy weer deur Eduard IV van die troon gedwing.
Monarge van die Huis van Lancaster
Naam | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik IV Bolingbroke 30 September 1399–1413 | 3 April 1366 Bolingbroke-kasteel seun van Jan van Gent en | (1) Arundel-kasteel 27 Julie 1380 sewe kinders (2) | 20 Maart 1413 Westminster-abdy op 46 | |
Hendrik V 20 Maart 1413–1422 | 16 September 1386 of Monmouth-kasteel seun van Hendrik IV en | Troyes-katedraal 2 Junie 1420 een seun | 31 Augustus 1422 Château de Vincennes op 35 | |
Hendrik VI (eerste bewind) 31 Augustus 1422 – 4 Maart 1461 (tweede bewind) 30 Oktober 1470 – 11 April 1471 | 6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en | Titchfield-abdy 22 April 1445 1 seun | 21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor) |
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:House of Lancaster
- "thePeerage.com – Person Page 10187". Besoek op 25 Oktober 2007.
- "HENRY IV – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- Biography of HENRY V – Archontology.org. URL besoek op 28-11-2009
- Eduard IV het die bewind toe die eerste keer oorgeneem."thePeerage.com – Person Page 10186". Besoek op 25 Oktober 2007.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Huis van Lancaster.
- Huis van Lancaster op die Britse monargie se amptelike webtuiste
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar