Die Huis van Stuart, ook bekend as die Huis van Stewart, is ’n belangrike Europese koningshuis. Dit is deur gestig en lede van die familie het in die laat 14de eeu die eerste keer monarge van Skotland geword. Die dinastie het in die 17de eeu verdere grondgebied geërf wat die hele Engeland en Skotland ingesluit het en hulle het ook aanspraak gemaak op die Franse troon.
Huis van Stuart | |
---|---|
Wapen van die Stuarts sedert 1603 | |
Voorganger | Huis van Tudor |
Opvolger | Huis van Hannover |
Tussen 1371 en 1603 het nege Stuart-monarge oor Skotland regeer. Daarna was daar ’n onder Jakobus VI en I wat die enigste aanspraakmaker geword het op die trone van die Huis van Tudor. Vyf Stuart-monarge het oor Engeland en Skotland (asook oor Ierland) regeer, maar die Stuart-tydperk is onderbreek deur die , wat van 1649 tot 1660 geduur het ná die Engelse Burgeroorlog. Met die stigting van die Koninkryk van Groot-Brittanje ná die , wat Engeland en Skotland polities verenig het, was Anna van Groot-Brittanje die eerste monarg. Met haar dood het die troon na die Huis van Hannover gegaan.
Tydens die bewind van die Stuarts het Skotland ontwikkel van ’n redelik arm en feodale land tot ’n vooruitstrewende, redelik moderne en gesentraliseerde staat.
Oorsprong
Die naam Stewart kom van die politieke ampsposisie soortgelyk aan goewerneur, bekend as hofmeester (Engels: steward). Dit is aanvanklik as die familie se van aangeneem deur Walter Stewart, wat die derde lid van die familie was wat die amp van hoëhofmeester beklee het. Tydens die 16de eeu het die van se spelling onder Franse invloed verander na "Stuart". Dit was omdat Maria, koningin van die Skotte (Engels: Mary, Queen of Scotts) die spelling verander het om die korrekte uitspraak te verseker van die Skotse naam Stewart terwyl sy in Frankryk gewoon het.
Geskiedenis
Die 6de hoëhofmeester van Skotland, Walter Stewart (1293–1326), het getrou met , dogter van , en het ’n belangrike rol gespeel in die Slag van Bannockburn, waarmee hy verdere guns gewen het. Hul seun was die erfgenaam van die en ander gebiede. Hy het eindelik die Skotse troon geërf toe sy oom in 1371 sonder kinders dood is.
In 1503 het Jakobus IV van Skotland probeer om vrede met Engeland te bewerkstellig deur met koning Hendrik VII se dogter, Margaret Tudor, te trou. Die geboorte van hul seun, later Jakobus V, het die Huis van Stewart in die lyn van afkoms gebring met die Huis van Tudor, en die Engelse troon. Margaret Tudor is later getroud met , en hul dogter, , was die ma van . In 1565 is Darnley getroud met sy halfniggie Maria, die dogter van Jakobus V. Darnley se pa was . Lennox was ’n afstammeling van , wat ook afgestam het van . Darnley was dus ook verwant aan Maria van sy pa se kant van die familie toe hulle getroud is. Danksy hierdie verwantskap het Maria se erfgename deel van die Huis van Stewart gebly.
Maria en lord Darnley kon albei sterk aanspraak maak op die Engelse troon dansky hul gemeenskaplike ouma, Margaret Tudor. Dit het eindelik daartoe gelei dat die egpaar se enigste kind, Jakobus, ná die dood van Elizabeth I van Engeland in 1603 koning van Skotland, Engeland en Ierland geword het in wat bekend gestaan het as die Vereniging van die Krone. Die drie lande het ’n koning gedeel, maar het verskillende regerings, kerke en instellings gehad. Die vereniging het nie verhoed dat ’n gewapende opstand, bekend as die , in 1639 tussen Engeland en Skotland ontstaan het nie. Dit het deel geword van die politieke en militêre konflik wat die bewind van Karel I van Engeland, Ierland en Skotland gekenmerk het en gelei het tot ’n reeks konflikte bekend as die Engelse Burgeroorlog.
Die verhoor en teregstelling van Karel I in 1649 deur die Engelse parlement was die begin van elf jaar van republikeinse regering bekend as die . Skotland het die tereggestelde koning se seun, ook bekend as Karel, as hul monarg erken voor hulle ook in ’n republikeinde stelsel gedwing is. In dié tyd, bekend as die Protektoraat, het die belangrikste lede van die Huis van Stuart in ballingskap in Europa gewoon en was daar geen heersende koning nie. Oliver Cromwell en sy seun, , het die mag in hul hande gehad as .
Die jong Karel het ná die afskaffing van die Interregnum na Engeland teruggekeer en in 1660 koning Karel II van Engeland, Ierland en Skotland geword. Hy sou egter sy bewind terugdateer na die dood van sy pa elf jaar tevore. Die Skotse steun op Frankryk het herleef in die tyd van Karel II, wie se ma Frans was. Sy suster het ook in die Franse koninklike familie ingetrou. Hierdie Franse en Katolieke verbintenisse was ongewild en het eindelik gelei tot die val van die Stuarts, wie se vyande Protestants was, en omdat Karel die Anglikaanse gemeenskap beledig het deur nie net verdraagsaamheid teenoor Katolieke voor te staan nie, maar ook teenoor Protestantse afvalliges.
Karel het geen kinders by sy vrou, , gehad nie, maar het minstens 12 buite-egtelike kinders by sewe verskillende minnaresse as syne erken. Baie van die kinders het die titel hertog of graaf gekry en die hertogdom van Cleveland is spesiaal geskep vir sy een minnares, . Die huidige hertoë van Buccleuch, Richmond, Grafton en St. Albans is almal afstammelinge van Karel.
Diana, die Prinses van Wallis was ’n afstammeling van twee van Karel se buite-egtelike seuns, die en die (wat ook ’n voorvader is van Camilla, koningin-gemalin van die Verenigde Koninkryk, die tweede vrou van koning Charles III). Diana se seun, William, Prins van Wallis, die eerste aanspraakmaker op die Britse troon, sal dus waarskynlik die eerste monarg wees wat van Karel II afstam.
Die bewind van Karel II se broer, Jakobus II van Engeland, is later in die Glorious Revolution omvergewerp ten gunste van Jakobus se skoonseun en dogter, Willem III & II en Maria II. Ná Maria se dood het Willem alleen regeer tot met sy eie dood en hy is opgevolg deur Maria se suster, Anna. Sy is egter sonder enige oorlewende kinders dood en die troon het daarna na die Huis van Hannover gegaan.
Monarge van die Huis van Stuart
Skotland
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
1371–1390 | 1316 seun van Walter Stewart, hoëhofmeester van Skotland en Marjorie Bruce | Elizabeth Mure c. 1348 Euphemia de Ross 1355 | 19 April 1390 Dundonald op 74 | |
1390–1406 | 1340 seun van en Elizabeth Mure | Anabella Drummond 1367 | 1406 Rothesay-kasteel op 66 | |
1406–1437 | 10 Desember 1394 Dunfermline-paleis, Fife seun van en Annabella Drummond | Joan Beaufort 1423 8 kinders | 21 Februarie 1437 Perth op 42 | |
1437–1460 | 16 Oktober 1430 seun van en Joan Beaufort | Maria van Gueldres 1449 7 kinders | 3 Augustus 1460 Roxburgh-kasteel op 29 | |
1460–1488 | 10 Julie 1451 seun van en Maria van Gueldres | Margaret van Denemarke Julie 1469 3 kinders | 11 Junie 1488 Sauchie Burn, Skotland op 36 | |
Jakobus IV 1488–1513 | 17 Maart 1473 Stirling-kasteel Skotland seun van en Margaret van Denemarke | Margaret Tudor 8 Augustus 1503 6 kinders | 9 September 1513 Northumberland op 40 | |
Jakobus V 1513–1542 | 10 April 1512 Linlithgow-paleis seun van Jakobus IV en Margaret Tudor | Madeleine van Valois 1537 geen kinders Mary van Guise 1538 3 kinders | 14 Desember 1542 Falkland-paleis, Fife op 30 | |
Maria I 1542–1567 | 8 Desember 1542 Linlithgow-paleis dogter van Jakobus V en Mary van Guise | Francis II van Frankryk 1558 1565 1 kind James Hepburn, 4de Graaf van Bothwell 1567 | 8 Februarie 1587 Northamptonshire op 44 Tereggestel | |
Jakobus VI 1567–1625 | 19 Junie 1566 Edinburg-kasteel seun van en Maria, koningin van Skotland | Oslo 23 November 1589 sewe kinders | 27 Maart 1625 op 58 |
Engeland, Ierland, Skotland en Frankryk
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Jakobus I & VI 24 Maart 1603–1625 | 19 Junie 1566 Edinburg-kasteel seun van en Maria, koningin van Skotland | Oslo 23 November 1589 sewe kinders | 27 Maart 1625 op 58 | |
Karel I (Sint Karel die Martelaar) 27 Maart 1625–1649 | 19 November 1600 Dunfermline-paleis seun van Jakobus I en Anna van Denemarke | 13 Junie 1625 nege kinders | 30 Januarie 1649 op 48 (onthoof) | |
Karel II 30 Januarie 1660–1685 Rojaliste dateer sy bewind vanaf 1649 | 29 Mei 1630 Sint James-paleis seun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk | Portsmouth 21 Mei 1662 drie kinders (almal as kinders dood) | 6 Februarie 1685 op 54 | |
Jakobus II 6 Februarie 1685 – 23 Desember 1688 | 14 Oktober 1633 Sint James-paleis seun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk | (1) The Strand 3 September 1660 agt kinders (2) | 16 September 1701 op 67 | |
Willem III van Oranje 13 Februarie 1689–1702 | 4 November 1650 Den Haag seun van and | Sint James-paleis 4 November 1677 drie kinders (almal as kinders dood) | 8 Maart 1702 Kensington-paleis op 51 | |
Maria II 13 Februarie 1689–1694 | 30 April 1662 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde | 28 Desember 1694 Kensington-paleis op 32 | ||
Anna 8 Maart 1702–1707 Groot-Brittanje 1707–1714 | 6 Februarie 1665 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde | Sint James-paleis 28 Julie 1683 17 kinders | 1 Augustus 1714 Kensington-paleis op 49 |
Groot-Brittanje, Ierland en Frankryk
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Anna 1707–1714 | 6 Februarie 1665 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde | Sint James-paleis 28 Julie 1683 17 kinders | 1 Augustus 1714 Kensington-paleis op 49 |
Vereniging
In 1706 en 1707 is twee wette deur die Engelse en die Skotse parlement aanvaar om die in werking te stel waarop die twee lande op 22 Julie 1706 ooreengekom het. Die wette het die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland (voorheen aparte state maar met dieselfde monarg) verenig in ’n enkele staat, die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje.
Verwysings
- Fraser, p.411
- Fraser, p.413
- "thePeerage.com – Person Page 10137". Besoek op 25 Oktober 2007.
- "thePeerage.com – Person Page 10138". Besoek op 25 Oktober 2007.
- http://www.britannia.com/history/monarchs/mon49.html
- "thePeerage.com – Person Page 10139". Besoek op 30 November 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10136". Besoek op 25 Oktober 2007.
- "thePeerage.com – Person Page 10141". Besoek op 25 Oktober 2007.
- "WILLIAM III – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- "Anne (England) – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- "thePeerage.com – Person Page 10134". Besoek op 25 Oktober 2007.
- Welcome parliament.uk, accessed 7 October, 2008
Bronnelys
- Fraser, Antonia (1979). King Charles II. Londen: Weidenfeld and Nicolson. ISBN 0-297-77571-5.
- Miller, John (1991). Charles II. Londen: Weidenfeld and Nicolson. ISBN 0-297-81214-9.
- Addington, Arthur C. The Royal House of Stuart: The Descendants of King James VI of Scotland (James I of England). 3v. Charles Skilton, 1969–1976.
- Cassavetti, Eileen. The Lion & the Lilies: The Stuarts and France. Macdonald & Jane’s, 1977.
Skakels
- Stewart Skotland
- Stuart Brittanje
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Huis van Stuart.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar