IBM (afkorting vir International Business Machines Corporation) is 'n groot Amerikaanse maatskappy wat sagteware en rekenaarhardeware vervaardig en verkoop. Hulle lewer ook rekenaarverwante ondersteuning en konsultasiedienste. IBM is die grootste Inligtingstegnologie-maatskappy ter wêreld en het vir baie jare die meeste patente van enige tegnologiemaatskappy gehou.
International Business Machines Corporation | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 16 Junie 1911 |
Hoofkantoor | Armonk, New York (deelstaat), Verenigde State |
Sleutelpersone | Arvind Krishna (hoof- uitvoerende beampte en voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Rekenaarhardeware, sagteware, IT-dienste, IT konsultasie |
Inkomste | $99,751 miljard (2013) |
Bedryfsinkomste | $19,524 miljard (2013) |
Netto inkomste | $16,483 miljard (2013) |
Werknemers | 434 246 (2012) |
Divisies | Finansiering, hardeware, dienste, sagteware |
Webwerf | ibm.com |
IBM het vroeër ook persoonlike rekenaars vervaardig, maar dié deel van die maatskappy is later aan Lenovo, 'n Chinese maatskappy, verkoop.
Verwysings
- "IBM Corporation Financials Statements". United States Securities and Exchange Commission (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2017.
- "2012 IBM Annual Report" (PDF) (in Engels). IBM.com. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie IBM.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar