Jacaranda FM is 'n kommersiële Suid-Afrikaanse radiostasie wat in Afrikaans en Engels uitsaai. Hulle senders dek Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en die Noordwesprovinsie, en daar kan ook aanlyn op die stasie ingeskakel word. Hulle saai op die frekwensie 93.9 – 97.1 MHz FM uit. Die stasie se slagspreuk is "More Music You Love" maar het al verskeie kere oor die jare verander en was al onder andere "Life's Greatest Hits" en "80’s, 90’s and now" op verskillende tye.
Jacaranda FM | |
---|---|
Gestig | 1 Januarie 1986 |
Formaat | Internet, (FM) |
Eienaar | Kagiso-media; LARI |
Frekwensie | 94.2 MHz |
Slagspreuk | "More Music You Love" |
Taal | Afrikaans en Engels |
Uitsaaiarea | Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes |
Vervang | Springbokradio |
Webtuiste | jacarandafm.com |
Aanlyn Uitsending | jacarandafm.com Listen Live |
Geskiedenis
Die eerste uitsending van Radio Jakaranda (die naam van die radiostasie tydens sy stigting) het begin om middernag op die eerste Januarie 1986. Dit het sekondes na die staking in uitsending van Springbokradio begin as 'n projek deur die SAUK om sy streeksradiostasies uit te brei. Dit het daarna hande verwissel en word tans hoofsaaklik (80% aandele) deur Kagiso Media besit.
Verwysings
- Kagiso Media. ""What we do"" (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2018. Besoek op 1 Julie 2017.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar