Die Kagerarivier (Engels: Kagera River; Swahili: Mto Kagera), soms ook Akagerarivier genoem, vorm die begin van die Nylrivier se bo-loop en is met 'n lengte van 400 km die grootste invloei van die Victoriameer.
Kagerarivier | |
---|---|
Die samevloeiing van die Kagera- en Ruvubu-riviere naby die Rusumo-waterval, tussen Rwanda en Tanzanië. | |
Die stroomgebied van die Kagerarivier. | |
Oorsprong | op die grens tussen Burundi en Rwanda |
Monding | Victoriameer, naby Bukoba Tanzanië |
Stroomgebied | Burundi, Rwanda, Uganda en Tanzanië |
Lengte | 400 km (250 myl) |
Oorspronghoogte | 1 350 m (4 429 vt) |
Mondinghoogte | 1 134 m (3 720 vt) |
Stroomgebiedopp. | 60 000 km² |
Die Kagerarivier ontstaan as uitvloei vanuit die op die grens tussen Burundi en Rwanda, net noordoos van die Tanganjikameer. Aansluitend vloei die rivier in 'n oostelike rigting en vorm die grens tussen Rwanda in die noorde en Tanzanië in die suide. Verder oos begin die Kagerarivier in 'n noordelike rigting vloei tot by die drielandepunt tussen Rwanda, Uganda en Tanzanië. Hiervandaan vloei die rivier in 'n oostelike rigting op die grens tussen Uganda in die noorde en Tanzanië in die suide, maar later net suid van dié grens. Verder oos vloei die Kagerarivier naby Bukobain in die Victoriameer.
Geskiedenis
Tydens die Rwandese Volksmoord van 1994 is die Kagerarivier gebruik om van die lyke van duisende Tutsis en politieke gematigde Hutus wat langs die rivieroewers vermoor is, ontslae te raak. Die rivier het die liggame tot in die Victoriameer gespoel wat later 'n ernstige gesondheidsgevaar in Uganda sou veroorsaak.
Sien ook
- Lys van riviere in Afrika
Verwysings
- (en) Stanley, H.M., 1899, Through the Dark Continent, London: G. Newnes, bl. 167, ISBN 0486256677
- Lorch, Donatella (21 Mei 1994). "Thousands of Rwanda Dead Wash Down to Lake Victoria". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 5 April 2019.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kagerarivier.
- (en) "Kagera River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 5 April 2019.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar