Die Kampioenetrofee (Engels: ICC Champions Trophy) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketkampioen te bepaal. Dié toernooi is die derde belangrikste en derde bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en die T20I-wêreldbeker in T20Is en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.
Kampioenetrofee | |
Kampioenetrofee 2025 | |
Sportsoort | EDI-krieket |
---|---|
Gestig | 1998 |
Eienaar | Internasionale Krieketraad |
Inwydingseisoen | Kampioenetrofee 1998 |
Deelnemende lande | wêreldwyd |
Aantal spanne | 13 (alle toernooie) 8 (vanaf 2024) |
Mees onlangse kampioen | Pakistan (2017) |
Verwante kompetisies | Krieketwêreldbeker, (o/19-krieketwêreldbeker), T20I-wêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap |
Tot op hede is agt toernooie beslis met Australië en Indië wat dié toernooi twee keer gewen het. Die eerste Kampioenetrofee 1998 in Bangladesj is deur Suid-Afrika gewen, nadat hulle Wes-Indië in die eindstryd op die in Dhaka verslaan het. Die Kampioenetrofee 2000 in Kenia is deur Nieu-Seeland gewen wat Indië in die eindstryd op die Gymkhana Klubveld in Nairobi geklop het. Tydens die Kampioenetrofee 2002 in Sri Lanka het die gasheer die titel met Indië gedeel, nadat die eindstryd twee keer uitgereën het. Tydens die Kampioenetrofee 2004 in Engeland het Wes-Indië met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd verslaan het.
Die Kampioenetrofee 2006 in Indië is deur Australië gewen, nadat hulle die verdedigende kampioen Wes-Indië verslaan het. Die Kampioenetrofee 2009 in Suid-Afrika is deur die verdedigende kampioen Australië gewen, nadat hulle Nieu-Seeland verslaan en sodoende die eerste span geword het om hul titel suksesvol te verdedig. Die Kampioenetrofee 2013 in Engeland en Wallis is deur Indië gewen, nadat hulle die gasheer verslaan en sodoende die tweede span geword het om dié toernooi twee keer te wen. Pakistan is die huidige kampioen, nadat hulle in die Kampioenetrofee 2017 se eindstryd hul aartsvyand Indië verslaan en hul eerste Kampioenetrofeetitel ingepalm het.
Uitslae
Jaar | Gasheerland(e) | Eindstrydplek | Eindstryd | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Wenner | Uitslag | Naaswenner | Deelnemende lande | ||||
1998 Oorsig | Bangladesj | , Dhaka, Bangladesj | Suid-Afrika 248/6 (47 boulbeurte) | Suid-Afrika wen met vier paaltjies Telkaart | Wes-Indië 245 almal uit (49.3 boulbeurte) | 9 | |
2000 Oorsig | Kenia | Gymkhana Klubveld, Nairobi, Kenia | Nieu-Seeland 265/6 (49.4 boulbeurte) | Nieu-Seeland wen met vier paaltjies Telkaart | Indië 264/6 (50 boulbeurte) | 11 | |
2002 Oorsig | Sri Lanka | , Colombo, Sri Lanka | Sri Lanka 244/5 (50 boulbeurte) & 222/7 (50 boulbeurte) Indië 14/0 (2 boulbeurte) & 38/1 (8.4 boulbeurte) | Indië en Sri Lanka is as medekampioene verklaar Telkaart & Telkaart | Geen/Medekampioene | 12 | |
2004 Oorsig | Engeland | The Oval, Londen, Verenigde Koninkryk | Wes-Indië 218/8 (48.5 boulbeurte) | Wes-Indië wen met twee paaltjies Telkaart | Engeland 217 almal uit (49.4 boulbeurte) | 12 | |
2006 Oorsig | Indië | , Mumbai, Indië | Australië 116/2 (28.1 boulbeurte) | Australië wen met agt paaltjies (D/L-metode) Telkaart | Wes-Indië 138 almal uit (30.4 boulbeurte) | 10 | |
2009 Oorsig | Suid-Afrika | SuperSport-park, Centurion, Suid-Afrika | Australië 206/4 (45.2 boulbeurte) | Australië wen met ses paaltjies Telkaart | Nieu-Seeland 200/9 (50 boulbeurte) | 8 | |
2013 Oorsig | Engeland Wallis | Edgbaston-krieketveld, Birmingham, Verenigde Koninkryk | Indië 129/7 (20 boulbeurte) | Indië wen met vyf lopies Telkaart | Engeland 124/8 (20 boulbeurte) | 8 | |
2017 Oorsig | Engeland Wallis | The Oval, Londen, Verenigde Koninkryk | Pakistan 338/4 (50 boulbeurte) | Pakistan wen met 180 lopies Telkaart | Indië 158 almal uit (30.3 boulbeurte) | 8 | |
2025 Oorsig | Pakistan | 8 | |||||
2029 Oorsig | Indië | 8 |
Statistiek
1ste | Wenner |
2de | Naaswenner |
3de/4de | Semifinaliste |
K | Kwalifiseer vir volgende toernooi |
Span | 1998 | 2000 | 2002 | 2004 | 2006 | 2009 | 2013 | 2017 | 2025 | 2029 | Deelnames |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 8ste | 5de | 4de | 3de | 1ste | 1ste | 7de | 7de | 8 | ||
Bangladesj | 9de | 11de | 11de | 9de | 4de | 5 | |||||
Engeland | 5de | 7de | 6de | 2de | 7de | 4de | 2de | 3de | 8 | ||
Indië | 3de | 2de | 1ste* | 7de | 5de | 5de | 1ste | 2de | K | 8 | |
Kenia | 10de | 10de | 10de | 3 | |||||||
Nederland | 12de | 1 | |||||||||
Nieu-Seeland | 7de | 1ste | 8ste | 5de | 3de | 2de | 5de | 8ste | 8 | ||
Pakistan | 6de | 3de | 5de | 4de | 8ste | 3de | 8ste | 1ste | K | 8 | |
Suid-Afrika | 1ste | 4de | 3de | 6de | 4de | 7de | 4de | 5de | 8 | ||
Sri Lanka | 4de | 6de | 1ste* | 8ste | 6de | 6de | 3de | 6de | 8 | ||
Verenigde State | 12de | 1 | |||||||||
Wes-Indië | 2de | 11de | 7de | 1ste | 2de | 8ste | 6de | 7 | |||
Zimbabwe | 9de | 8ste | 9de | 9de | 10de | 5 |
Eerste deelnames
Jaar | Spanne |
---|---|
1998 | Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe |
2000 | Bangladesj en Kenia |
2002 | Nederland |
2004 | Verenigde State |
2006 | geen |
2009 | geen |
2013 | geen |
2017 | geen |
2025 | N.v.t. |
2029 | N.v.t. |
Sien ook
- Krieketwêreldbeker, vir EDI-krieket
- (o/19-krieketwêreldbeker), vir juniorspelers
- T20I-wêreldbeker, vir T20I-krieket
- Wêreldtoetskampioenskap, vir toetskrieket
Verwysings
- (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Desember 2022.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kampioenetrofee. |
- (en) Die IKR se amptelike webwerf
Kampioenetrofee | |||
---|---|---|---|
Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025 • Indië 2029 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar