Die Karolingers was 'n dinastie wat die Frankiese Ryk van die 8ste tot die 10de eeu regeer het. Pepyn die Korte was die eerste Karolingiese Koning van die Frankiese Ryk nadat hy die ryk in 751 by die oorgeneem het. Die laaste Karolinger was (966–87) wat deur , die eerste heerser van die Huis Capet, opgevolg is. Die naam van die dinastie is afkomstig van Karel die Grote, die beroemdste van die Karolingers, wie se naam afkomstig is van Karel Martel, die eerste Karolinger met die naam Karel.
Karolingers | |
---|---|
Die "Karolingiese kruis" | |
Land | Heilige Romeinse Ryk, Frankiese Ryk, Koninkryk van die hele Italië, Hertogdom Beiere, Hertogdom Boheme |
Eiendomme | Paleis van Aken (setel) |
Titels | Heilige Romeinse Keiser, Koning van die Franke, Koning van die Lombarde, Koning van Italië, Koning van die Oos-Franke, Koning van Akwitanië, Koning van Boergondië, Hertog van Boheme, Hertog van Beiere, Hertog van Maine, Graaf van Vermandois, Graaf van Valois |
Style | Keiserlike Majesteit, Majesteit, Genade |
Stigting | 714 |
Stigter | Karel Martel |
Laaste heerser | Adelheid van Vermandois |
Ontbinding | 1124 |
Afsetting | 877 (Karel die Kale se dood) |
Etnisiteit | Franke/Lombarde |
Kadettakke | Nie-agnatiese lyne:
|
Opkoms van die Karolingers
Die opkoms van die Karolingers kan teruggespoor word na twee adellike families in die oostelike deel van die Frankiese Ryk, , die nasate van en . Arnulf en Pepyn het die koning van , , gehelp om Austrasië en Boergondië te verower en in 613 koning van die hele Frankiese Ryk te word. Arnulf is beloon deur die toekenning van die vakante Biskopdom van Metz terwyl Pepyn van Austrasië geword het. Teen die laaste eeu van Merovingiese heerskappy het die koning al hoe minder werklike mag gehad en het die rol van die hofmeiers al hoe belangriker geword. In 629 het koning Chlotharius II te sterwe gekom en het koning van die hele Merovingiese ryk geword. In 631 is Dagobert I se seun benoem tot onderkoning van . Pepyn het in die tydperk die hofmeier amp verloor aan Adalgisl. Kort na de dood van Dagobert I (19 Januarie 638/639) is Pepyn weereens tot hofmeier benoem. Hy sterf egter nie lank daarna (in 639 of 640) nie.
Met Pepyn van Laden se dood het Otto hofmeier Austrasië geword. Sy seun, Grimoald I, sou eers in sy vader se voetspore volg nadat hy die Koning van Austrasië, Sigebert III, se lewe gered het in 'n mislukte poging om 'n rebellie gelei deur Radulf, Hertog van Thuringen, te onderdruk. Grimoald het beplan om Dagobert II af te set en sy eie familie as troonopvolgers in plek te stel deur Dagobert II na kloosters in Ierland en Engeland te verban. Die seun van Grimoald, Childebert die Aangenome is as die nuwe koning van Austrasië ingehuldigd. In 657 is Grimoald en sy seun egter deur die Neustriese koning gevange geneem en veroordeel vir die verbanning van Dagobert II. Grimoald is in ongeveer 657/662 oorlede en die eerste poging om 'n Karolingiese koning daar te stel het misluk.
In 680 het hofmeier van die koninkryk Austrasië geword en in 687 van Neustrië en Boergondië. Pepyn van Herstal was die seun van die hofmeier Ansegisus en Begga, wat onderskeidelik die dogter van Pepyn van Landen en die seun van Arnulf van Metz was. Pepyn van Herstal is, ná 'n stryd met die wettige erfgename van die Pepinide, opgevolg deur sy buite-egtelike seun, Karel Martel. Karel Martel het in 732 daarin geslaag om 'n Moorse leër tussen en te verslaan. Die Moorse leër is in hierdie Slag van Poitiers verslaan wat 'n keerpunt in die stryd teen die More in Frankryk verteenwoordig het.
Met Karel Martel se dood in 741 is die hofmeierskap van die ryk verdeel tussen sy seuns Pepyn die Korte (westelike deel van die ryk) en (oostelike deel van die ryk). In 747 het Karloman as hofmeier bedank en het Pepyn heerser van die hele Frankiese Ryk geword. Pous Sagarias sou Merowingers die finale nekslag toedien toe hy verklaar het "dat dit wenslik sou wees dat dié wat hoogste outoriteit het as koning benoem sou word". In November 751 het die magnate van die koninkryk Pepyn as koning verkies. Pepyn het hiermee die eerste Karolingiese koning van die Franke geword en die laaste Merovingiese koning is afgeset en saam met sy seun Theuderik V in die klooster van Saint-Bertin gevang gehou waar hy enkele jare later gesterf het.
Karolingiese Huis (751–987)
Die Karolingers het die laat ontstaan deurdat Pepyn die vroeëre (gebied tussen Ravenna en Rome) aan die pous geskenk het.
Karel die Grote het die Karolingers nog meer aansien verskaf deur die uitbreiding van die ryk onder sy bewind en goeie bestuur waarmee hy eenheid in die ryk geskep het.
Na die verdeling van die Frankiese Ryk in die Verdrag van Verdun in 843 het die Karolingers aanvanklik die troon behoud:
- In die weste, die latere Frankryk, het die dinastie tot in 987 bly regeer toe die , 'n verwante tak van die familie, die troon oorgeneem het.
- In die middel, Noord-Italië en in Lotaringe het die hooftak van die familie tot in 887 bly regeer.
- In die ooste, wat later die Heilige Romeinse Ryk geword het, het die Karolingers tot 911 regeer, tot hulle opgevolg is deur die .
- In die hertogdom Neder-Lotaringe het (953–992) en (970–1012) tot 1012 as die laaste Karolingers regeer. In teenstelling met sy vader Karel het Otto nie die Franse koningskroon opgeëis nie.
NAAM | PERIODE | Opmerkings: |
Pepyn die Korte | 751–768 | |
768–771 | ||
Karel die Grote | 768–814 | |
Lodewyk die Vrome | 814–840 | |
Karel die Kale | 840–877 | |
877–879 | ||
879–882 | ||
882–884 | ||
884–887 | ||
887–898 | ||
898–922 | ||
922–923 | ||
923–936 | ||
936–954 | ||
954–986 | ||
986–987 |
Verwysings
- (de) Rudolf Koch, Christliche Symbole (1932)
- Bladsy 50 in La France (1845) d'Édmond Robinet [1]
- Bladsy 37 in Histoire du peuple suisse par le texte et par l'image van Paul-Otto Bessire (1940)
- Bladsy 65 in Les maisons royales et souveraines d'Europe van Roland Mousnier (1989)
- The Carolingians deur Pierre Riché vertaal deur Michael I. Allen, bl. 13–15
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karolingers.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar