Kharosthi of Kharoṣṭhī is ’n antieke Indiese skrif wat deur die van die noordwestelike deel van Suid-Asië (hoofsaaklik hedendaagse Afganistan en Pakistan) gebruik is om Ghandari (’n dialek van ) en Sanskrit te skryf. Dit is ’n abugida, ’n soort lettergreepstelsel, wat van minstens die middel van die 3de eeu v.C. gebruik is totdat dit in omstreeks die 3de eeu n.C. uitgesterf het.
Kharosthi | ||||
’n Stuk papier met die Kharosthi-skrif, 2de-5de eeu; Xinjiang-museum. | ||||
Soort skryfstelsel | Abugida | |||
Tyd gebruik | c. 4de eeu v.C - 3de eeu n.C. | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | , Sanskrit | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Egiptiese hiërogliewe
| |||
Susterstelsels | ||||
ISO 15924 | Khar, 305 | |||
Unicode | Kharoshthi, U+10A00 - U+10A5F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Letters
Kharosthi is meestal van regs na links geskryf, maar in sommige inskripsies is reeds van links na regs geskryf, ’n neiging wat algemeen was in latere Suid-Asiese skrifte. Elke lettergreep bestaan uit ’n konsonant en kort a-klank; ander klinkers word met leestekens aangedui. Onlangs is bewyse gevind dat die letters ’n volgorde gehad het wat nou bekend is as die "Arapacana"-alfabet is. Soos dit in Sanskrit-dokumente bewaar gebly het, is die volgorde:
- a ra pa ca na la da ba ḍa ṣa va ta ya ṣṭa ka sa ma ga stha ja śva dha śa kha kṣa sta jñā rtha (of ha) bha cha sma hva tsa gha ṭha ṇa pha ska ysa śca ṭa ḍha
Sommige variasies kom in bestaande dokumente voor in die getal en volgorde van die letters. Kharosthi het net een klinker gehad wat aan die begin van woorde gebruik is. Ander beginklinkers gebruik dieselfde teken met leestekens bygevoeg.
a | i | u | e | o | ṛ |
k | kh | g | gh | |
c | ch | j | ñ | |
ṭ | ṭh | ḍ | ḍh | ṇ |
t | th | d | dh | n |
p | ph | b | bh | m |
y | r | l | v | |
ś | ṣ | s | h |
ḱ | ṭ́h |
Syfers
Kharosthi het ’n stel syfers ingesluit wat herinner aan die Romeinse stelsel.
1 | 2 | 3 | 4 | 10 | 20 | 100 | 1000 |
Unicode
Kharosthi is tot die Unicode-standaard gevoeg in Maart 2005, met die uitreiking van weergawe 4.1. Die Unicode-blokdaarvoor is U+10A00—U+10A5F.
Sien ook
- Geskiedenis van die alfabet
Verwysings
- Graham Flegg, Numbers: Their History and Meaning, Courier Dover Publications, 2002, ISBN 978-0-486-42165-0, bl. 67f.
Eksterne skakels
- Lys van Kharosthi-inskripsies
- Omniglot
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar