Die Krieketwêreldbeker 1996 (Engels: 1996 Cricket World Cup; Hindi: १९९६ क्रिकेट विश्व कप; Singalees: 1996 ක්රිකට් ලෝක කුසලානය; Tamil: 1996 துடுப்பாட்ட உலகக்கிண்ணம்; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1996ء) is van 14 Februarie tot 17 Maart 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka beslis. Dit was die sesde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede op die Indiese subkontinent. Indië en Pakistan het voorheen die 1987-toernooi gesamentlik gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Wêreldbeker 1996, genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1996 | |
Datums | 14 Februarie – 17 Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Indië Pakistan Sri Lanka |
Kampioen | Sri Lanka (1ste titel) |
Naaswenner | Australië |
Deelnemers | 12 (32 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 37 |
Speler van die reeks | |
Meeste lopies | Sachin Tendulkar (523) |
Meeste paaltjies | (15) |
← 1992 1999 → |
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1994 (Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 is 37 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Die toernooi is reeds voor die begin deur kontroverse geteister aangesien die spele in Sri Lanka tydens die burgeroorlog in dié land aangebied sou word. Die spanne van Australië en Wes-Indië het ná die Tamil Tigers se bomaanslag op die Sentrale Bank in Colombo in Januarie 1996 geweier om in Sri Lanka teen dié land se nasionale krieketspan te speel. Ná uitgebreide onderhandelinge het die Internasionale Krieketraad beslis dat albei wedstryde weens verbeuring aan Sri Lanka toegeken sal word. As gevolg van hierdie besluit het Sri Lanka regstreeks vir die kwarteindrondte gekwalifiseer voordat hulle hoegenaamd ’n wedstryd gespeel het.
Sri Lanka het die eindstryd op in Lahore teen Australië met sewe paaltjies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm. Indië en Wes-Indië was die ander twee semi-finaliste. Die verdedigende kampioen en medegasheer Pakistan is in die halfeindstryd te Bangalore deur die aartsvyand Indië met 39 lopies geklop. Suid-Afrika het sy kwarteindstryd te Karatsji teen Wes-Indië met 19 lopies verloor. Die nasionale krieketspanne van Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.
Toewysing
Die IKR het die Krieketwêreldbeker 1996 toegewys aan Indië, Pakistan en Sri Lanka. Van die ander kandidaatlande was Engeland en Suid-Afrika.
Deelnemers
Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka (medegasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer. Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1994 gekwalifiseer.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Indië | Gashere | Sesde | 1992 | Kampioen (1983) | A |
Pakistan | Sesde | 1992 | Kampioen (1992) | B | |
Sri Lanka | Sesde | 1992 | Groepfase (1975, 1979, 1983, 1987, 1992) | A | |
Australië | Volle lede | Sesde | 1992 | Kampioen (1987) | A |
Engeland | Sesde | 1992 | Naaswenner (1979, 1987, 1992) | B | |
Nieu-Seeland | Sesde | 1992 | Halfeindrondte (1975, 1979, 1992) | B | |
Suid-Afrika | Tweede | 1992 | Halfeindrondte (1992) | B | |
Wes-Indië | Sesde | 1992 | Kampioen (1975, 1979) | A | |
Zimbabwe | Vierde | 1992 | Groepfase (1983, 1987, 1992) | A | |
Kenia | IKR-trofee 1994 | Eerste | – | Debuut | A |
Nederland | Eerste | – | Debuut | B | |
Verenigde Arabiese Emirate | Eerste | – | Debuut | B |
Stadions
Indië het 17 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan 16 wedstryde op ses plekke en Sri Lanka vier wedstryde op drie plekke aangebied het.
Kalkutta Delhi Ahmedabad Madras Nagpur Bangalore Hyderabad Gwalior Visakhapatnam Patna Pune Jaipur Kanpur Baroda | Colombo | |
Formaat
Die Krieketwêreldbeker 1996 is oor 33 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 37 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 1996 op Sardar Patel-stadion, Ahmedabad, Indië, met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op Gaddafistadion in Lahore, Pakistan, op 17 Maart met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die Wills Wêreldbeker ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1996 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groep A | Groep B |
---|---|
Engeland |
Groepfase
Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters
’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
|
|
Wedstryde
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
Span | S | W | V | O | G | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 5 | 5 | 0 | 0 | 0 | +1.60 | 10 |
Australië | 5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.90 | 6 |
Indië | 5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.45 | 6 |
Wes-Indië | 5 | 2 | 3 | 0 | 0 | −0.13 | 4 |
Zimbabwe | 5 | 1 | 4 | 0 | 0 | −0.93 | 2 |
Kenia | 5 | 1 | 4 | 0 | 0 | −1.00 | 2 |
16 Februarie 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
31 (54) 3/28 (10 boulbeurte) | 47 (88) 4/40 (7.3 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
17 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
- geen loot nie
- Australië verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies en bevind hom in die tyd van die wedstryd in Bombaai.
18 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
65 (83) 3/28 (10 boulbeurte) | Sachin Tendulkar 127* (138) 1/26 (3 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- , , , , , , , , , en (almal Ken) het hul EDI-debuut gemaak.
- Sachin Tendulkar (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Sachin Tendulkar en teken 163 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die vierde hoogste openingstelling met ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
21 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
75 (102) 2/30 (10 boulbeurte) | 91 (86) 3/60 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- en teken 172 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds derde hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
21 Februarie 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
47 (70) 3/35 (10 boulbeurte) | Sachin Tendulkar 70 (91) 2/34 (9 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
23 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
130 (128) 3/45 (10 boulbeurte) | 85 (137) 2/18 (7 boulbeurte) |
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- en teken met 102 lopies die eerste Keniaanse 100-lopie-vennootskap in ’n EDI-wedstryd aan.
- Kennedy Otieno het met pyn op 82* van 166/3 tot 188/5 afgetree weens ’n spierspasma.
25 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
- geen loot nie
- Wes-Indië verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies.
- Sri Lanka vorder hiermee tot die uitklopfase.
27 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
34 (66) 5/21 (9.4 boulbeurte) | 45 (112) 3/22 (8 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd was geskeduleer om op 25 Februarie gespeel te word. Dié wedstryd het begin, maar is ná 15.5 boulbeurte tydens Zimbabwe se kolfbeurt afgelas.
- (Zim) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
27 Februarie 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
126 (135) 2/48 (10 boulbeurte) | Sachin Tendulkar 90 (84) 5/36 (9 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (Aus) teken sy tweede agtereenvolgende krieketwêreldbekerhonderdtal aan en word die eerste speler wat daarin kon slaag.
- (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
- Dit is Australië se eerste EDI-oorwinning oor Indië sedert die 1992-toernooi en sy eerste oorwinning oor Indië in Indië sedert die 1987-toernooi.
29 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
29 (50) 3/46 (9 boulbeurte) | 19 (48) 3/15 (10 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die erste EDI-oorwinning vir Kenia en die eerste EDI-nederlaag vir Wes-Indië teen ’n IKR-assosiaatlid.
- Dit is ook die vierde oorwinning in die EDI-geskiedenis deur ’n IKR-assosiaatlid (almal in krieketwêreldbekertoernooie).
1 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
67 (101) Shane Warne 4/34 (9.3 boulbeurte) | 76* (109) 2/33 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Australië vorder hiermee tot die uitklopfase.
2 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
Sachin Tendulkar 137 (137) 1/53 (8 boulbeurte) | 79 (76) 2/39 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Tien minute reënvertraging tydens die 39ste boulbeurt in die Indiese kolfbeurt, middagete-pouse verkort om verlore tyd te kompenseer.
- Sachin Tendulkar (Ind) teken sy tweede krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Sachin Tendulkar en teken 175 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die sewende hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd vir enige span.
4 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
Ricky Ponting 102 (112) 2/35 (9 boulbeurte) | 93* (133) 3/38 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ricky Ponting (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
6 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
106 (110) 2/57 (10 boulbeurte) | 30 (39) 3/30 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- en Vinod Kambli teken 142 lopies om die vierde paaltjie aan, die destyds derde hoogste Indiese vierde paaltjievennootskap in ’n EDI-wedstryd, die vierde hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die derde hoogste vierde paaltjievennootspap vir enige span in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
- Indië en Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
6 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
145 (115) 2/34 (5 boulbeurte) | 96 (95) 2/31 (5 boulbeurte) |
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Ken) het sy EDI-debuut gemaak.
- (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Sri Lanka teken die destyds hoogste EDI-telling aan en oortref Engeland se vorige 1992-rekord teen Pakistan – in 2006 oortref deur beide Australië en Suid-Afrika in dieselfde wedstryd. Tydens die 2007-toernooi teken Indië teen Bermuda ’n hoër krieketwêreldbekertelling aan.
- Beide Aravinda de Silva en Arjuna Ranatunga teken in dieselfde kolfbeurt hul 5 000ste EDI-lopies aan en word die eerste twee Sri Lankaanse kolwers wat daarin kon slaag.
- teken met 96 lopies die destyds hoogste individuelle EDI-telling vir Kenia aan.
- Die 652 aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref die 626 lopies tussen Pakistan en Sri Lanka tydens die 1983-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Australië en Suid-Afrika tydens die 2007-toernooi.
- Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep B
Span | S | W | V | O | G | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 5 | 5 | 0 | 0 | 0 | +2.04 | 10 |
Pakistan | 5 | 4 | 1 | 0 | 0 | +0.96 | 8 |
Nieu-Seeland | 5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.55 | 6 |
Engeland | 5 | 2 | 3 | 0 | 0 | +0.08 | 4 |
Verenigde Arabiese Emirate | 5 | 1 | 4 | 0 | 0 | −1.83 | 2 |
Nederland | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −1.92 | 0 |
14 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
101 (132) 2/45 (9 boulbeurte) | 85 (102) 3/26 (7 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Nadat uitgeboul is, het hy op die veld gebly en as ’n hardloper vir (albei Eng) opgetree.
16 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
Gary Kirsten 188* (159) 1/39 (9 boulbeurte) | 43* (79) 3/11 (8 boulbeurte) |
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- , , en (almal Verenigde Arabiese Emirate) het hul EDI-debuut gemaak.
- Gary Kirsten (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Gary Kirsten teken met 188 lopies die destyds hoogste individuelle telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan en oortref (WI) se vorige rekord teen Sri Lanka tydens die 1987-toernooi – later oortref deur (WI) tydens die 2015-toernooi.
17 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
68 (59) 3/48 (9 boulbeurte) | 45 (64) 3/24 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- , , , , , , , , , en (almal Ned) het hul EDI-debuut gemaak.
- Dit is die eerste EDI-wedstryd vir Nederland.
18 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
33 (59) 3/29 (9.3 boulbeurte) | 44* (66) 1/25 (7 boulbeurte) |
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- was nie in staat om sy tweede boulbeurt te voltooi nie weens ’n syspanning, dié boulbeurt is deur (albei Eng) voltooi. White waarskynlik vir die res van die toernooi vervang.
- Neil Smith het by 59/1 siek afgetree (nadat hy tydens die 13de boulbeurt op die veld opgooi).
20 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
33 (79) Allan Donald 3/34 (10 boulbeurte) | Hansie Cronjé 78 (64) 2/10 (3 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
22 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
104* (133) 1/40 (10 boulbeurte) | 64 (82) 3/31 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (Ned) het sy EDI-debuut gemaak.
- (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
24 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
21* (19) 3/16 (7 boulbeurte) | 50* (57) 1/17 (3 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
25 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
Gary Kirsten 38 (60) 3/33 (10 boulbeurte) | 46 (69) Shaun Pollock 2/16 (8 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die uitklopfase.
26 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
58 (105) 4/26 (10 boulbeurte) | 83* (92) 1/18 (4 boulbeurte) |
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
27 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
92 (112) 3/45 (7 boulbeurte) | 47 (59) 3/20 (10 boulbeurte) |
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wedstryd verkort tot 47 boulbeurte per span weens swaar mis aan die begin van die wedstryd.
- Engeland en Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Die Verenigde Arabiese Emirate is hiermee uit die toernooi geskakel.
29 Februarie 1996 Telkaart |
t | ||
111 (139) Hansie Cronjé 2/20 (5 boulbeurte) | Daryll Cullinan 65 (76) 3/50 (8 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Steve Bucknor vervang Ian Robinson as skeidsregter in hierdie wedstryd ná protes deur Pakistan.
- (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
1 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
47 (106) 5/29 (10 boulbeurte) | 84 (68) 1/24 (8 boulbeurte) |
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide (Ned) en (Verenigde Arabiese Emirate) het hul EDI-debuut gemaak.
- Dit is die eerste amptelike EDI-wedstryd tussen twee IKR-assosiaatlede.
- (VAE) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
- en teken 117 lopies om die eerste paaltjie aan, die eerste 100-lopie-paaltjievennootskap vir die Verenigde Arabiese Emirate.
- teken met 84 lopies die destyds hoogste individuelle EDI-telling vir die Verenigde Arabiese Emirate.
- Dit is die eerste EDI-oorwinning vir die Verenigde Arabiese Emirate.
- Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.
3 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
75 (92) 3/53 (10 boulbeurte) | 71 (72) 2/59 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- tree op as ’n hardloper pleks van (albei Eng) vir dele van sy boulbeurt.
- en vervang Fairbrother en Smith (almal Eng) op die veld.
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
5 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
161 (132) 1/32 (2 boulbeurte) | 32 (46) Allan Donald 2/21 (6 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Gary Kirsten en Andrew Hudson teken 186 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd, tiende hoogste EDI-paaltjievennootskap, vierde hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die hoogste Suid-Afrikaanse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
- en teken 56 lopies om die eerste paaltjie aan, die hoogste Nederlandse eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit – later geëwenaar teen Indië tydens die 2011-toernooi.
- Dit is Suid-Afrika se tiende agtereenvolgende EDI-oorwinning.
6 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
62 (67) 1/32 (5 boulbeurte) | 42 (43) 2/32 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- is beseer tydens kolfwerk en kon nie boulwerk doen nie.
Uitklopfase
Kwarteindstryd | Halfeindstryd | Eindstryd | ||||||||
9 Maart – Faisalabad | ||||||||||
Engeland | 235/8 | |||||||||
13 Maart – Kalkutta | ||||||||||
Sri Lanka | 236/5 | |||||||||
Sri Lanka | 251/8 | |||||||||
9 Maart – Bangalore | ||||||||||
Indië | 120/8 | |||||||||
Indië | 287/8 | |||||||||
17 Maart – Lahore | ||||||||||
Pakistan | 248/9 | |||||||||
Sri Lanka | 245/3 | |||||||||
11 Maart – Karatsji | ||||||||||
Australië | 241/7 | |||||||||
Wes-Indië | 264/8 | |||||||||
14 Maart – Mohali | ||||||||||
Suid-Afrika | 245 | |||||||||
Wes-Indië | 202 | |||||||||
11 Maart – Madras | ||||||||||
Australië | 207/8 | |||||||||
Nieu-Seeland | 286/9 | |||||||||
Australië | 289/4 | |||||||||
Kwarteindrondte
9 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
67 (64) 2/30 (10 boulbeurte) | 82 (44) 1/14 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Sanath Jayasuriya en teken 101 lopies om die tweede paaltjie aan, Sri Lanka se destyds hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
- Dit is die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Sri Lanka vir die halfeindrondte kon kwalifiseer.
- Dit is ook die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Engeland nie vir die halfeindrondte kon kwalifiseer nie.
9 Maart 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
93 (115) 2/56 (10 boulbeurte) | 55 (46) 3/45 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is (Pak) se laaste EDI.
- Pakistan is vir ’n stadige boultempo beboet.
- neem sy 200ste EDI-paaltjie.
- Dit is Pakistan se eerste neerlaag teen Indië sedert die 1992-toernooi.
11 Maart 1996 Telkaart |
t | ||
Brian Lara 111 (94) 2/37 (10 boulbeurte) | Daryll Cullinan 69 (78) 4/47 (10 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Brian Lara (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- en Brian Lara teken 138 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste Wes-Indiese tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
11 Maart 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
130 (124) 2/50 (9 boulbeurte) | 110 (112) 1/21 (3 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Beide (NZ) en (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- en Chris Harris teken 168 lopies om die vierde paaltjie aan, die destyds hoogste vierde paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die hoogste Nieu-Seelandse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Halfeindrondte
13 Maart 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
66 (47) 3/34 (7 boulbeurte) | Sachin Tendulkar 65 (88) 3/12 (7 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd is deur die skeidsregter toegeken aan Sri Lanka toe die wedstryd as gevolg van die oproerige skare nie voortgesit kon word nie.
- Sri Lanka kwalifiseer vir sy eerste krieketwêreldbekereindstryd.
14 Maart 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
72 (105) 2/26 (10 boulbeurte) | 80 (126) Shane Warne 4/36 (9 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is die eerste keer dat Wes-Indië ’n halfeindstryd in ’n krieketwêreldbeker verloor.
- Dit is (WI) se laaste EDI.
Eindstryd
17 Maart 1996 ((D/N)) Telkaart |
t | ||
74 (83) 3/42 (9 boulbeurte) | 107* (124) 1/43 (6 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- en Ricky Ponting (albei Aus) teken 101 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekereindstryd.
- (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Sri Lanka wen die Krieketwêreldbeker 1996 sonder ’n verlore wedstryd.
- Sri Lanka word die eerste medegasheer wat ’n krieketwêreldbeker wen en die eerste land wat ’n krieketwêreldbekereindstryd wen nadat hulle tweede gekolf het.
- Sri Lanka wen sy eerste krieketwêreldbeker nadat hulle slegs vier wedstryde in die vorige vyf krieketwêreldbekertoernooie kon wen.
Krieketwêreldkampioen 1996 |
---|
Sri Lanka |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1996.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | LD | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Sri Lanka | A | 8 | 8 | 0 | 0 | 1631 | 1349 | +282 | 16 | |
2 | Australië | A | 8 | 5 | 0 | 3 | 1686 | 1568 | +118 | 10 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Indië | A | 7 | 4 | 0 | 3 | 1544 | 1608 | –64 | 8 | |
4 | Wes-Indië | A | 7 | 3 | 0 | 4 | 1119 | 1172 | –53 | 6 | |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | B | 6 | 5 | 0 | 1 | 1545 | 1155 | +390 | 10 | |
6 | Pakistan | B | 6 | 4 | 0 | 2 | 1284 | 1268 | +16 | 8 | |
7 | Nieu-Seeland | B | 6 | 3 | 0 | 3 | 1520 | 1331 | +189 | 6 | |
8 | Engeland | B | 6 | 2 | 0 | 4 | 1293 | 1321 | –28 | 4 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Zimbabwe | A | 5 | 1 | 0 | 4 | 877 | 923 | –46 | −0.93 | 2 |
10 | Kenia | A | 5 | 1 | 0 | 4 | 960 | 1135 | –175 | −1.00 | 2 |
11 | Verenigde Arabiese Emirate | B | 5 | 1 | 0 | 4 | 784 | 1065 | –281 | −1.83 | 2 |
12 | Nederland | B | 5 | 0 | 0 | 5 | 947 | 1285 | –338 | −1.92 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies aangeteken:
| Meeste paaltjies geneem:
|
Sien ook
Verwysings
- (en) "Records / Wills World Cup, 1995/96 / Most Runs". ESPNcricinfo. 17 Maart 1996. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Records / Wills World Cup, 1995/96 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 17 Maart 1996. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "The 1996 World Cup in India, Pakistan and Sri Lanka – Sri Lanka's crowning glory". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "World Cup History: India's 1996 World Cup semi-final XI – Where are they now?". Sportskeeda. 18 Junie 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) K C Vijaya Kumar (11 Augustus 2017). "How the 1996 World Cup came to the sub-continent". The Hindu. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "World Cup opens amid controversy over Australia and West Indies refusal to play in Sri Lanka". India Today. 13 Junie 2013. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Records / One-Day Internationals / Team records / Highest innings totals". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Highest match aggregates For World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "High scores For World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Highest partnerships for World Cup – Highest partnerships by runs". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Partnership records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "India vs Sri Lanka, Wills World Cup 1996 semifinal: A real shame". Sportstar. The Hindu. 13 Maart 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) Mike Selvey (18 Maart 1996). "Sri Lanka light up the world". The Guardian. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "World Cup 1996: Unfancied Sri Lanka's greatest sporting achievement". Sportstar. The Hindu. 8 Mei 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
Verdere leesstof
- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1996. |
- (en) The Wills World Cup, 1996
- (en) Wills World Cup, 1995/96
- (en) 1996 World Cup
- (en) Wills World Cup 1995/96 – Fixtures and Results
- (en) Wills World Cup Cricket 1996 op IMDb
Krieketwêreldbeker | |||
---|---|---|---|
Engeland 1975 • Engeland 1979 • Engeland / Wallis 1983 • Indië / Pakistan 1987 • Australië / Nieu-Seeland 1992 • Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996 • Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003 • Wes-Indië 2007 • Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011 • Australië / Nieu-Seeland 2015 • Engeland / Wallis 2019 • Indië 2023 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027 • Indië / Bangladesj 2031 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar