Lingala (Lingála) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 2,3 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Kongo, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo, naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Lingala in die aangrensende lande die Republiek die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Angola gepraat. In die Republiek die Kongo word Lingala saam met die Kongo-Kreools Kituba as 'n nasionale taal erken.
Lingala Lingála | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Demokratiese Republiek die Kongo Kongo Sentraal-Afrikaanse Republiek Angola | |
Gebied: | Kongorivier | |
Totale sprekers: | 2,3 miljoen | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Benue-Kongo Bantoetale Lingala | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Mandombe | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Demokratiese Republiek die Kongo (nasionale taal) Kongo (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ln | |
ISO 639-2: | lin | |
ISO 639-3: | lin | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Lingala het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en was eens deur die Bangala-volk in die noordweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Lingala". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
- (en) "The Constitution of the Democratic Republic of the Congo, 2005" (PDF). constitutionnet.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
- (fr) "Congo-Kinshasa". Universiteit van Laval. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
- (fr) "Constitution de 2015". Digithèque matériaux juridiques et politiques, Jean-Pierre Maury, Université de Perpignan. Besoek op 14 Mei 2021.
- (en) "Tshiluba". Omniglot. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lingala.
- (en) "Lingala language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 Januarie 2019.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar