Lionel Abrahams (11 April 1928 – 31 Mei 2004) was 'n Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, redakteur, kritikus, essayis en uitgewer. Hy is in Johannesburg gebore, waar hy sy lewe lank gewoon het. Hy is met 'n serebrale gestremdheid gediagnoseer en moes tot 11-jarige ouderdom 'n rolstoel gebruik.
Lionel Abrahams | |
---|---|
Gebore | 11 April 1928 |
Sterf | 31 Mei 2004 Johannesburg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer en digter |
Bekend vir | Gedigte en romans |
Abrahams is veral bekend vir sy poësie. Herman Charles Bosman was sy mentor. Hy het later sewe volumes van Bosman se postuum-gepubliseerde werke geredigeer.
Abrahams was in eie reg een van die invloedrykste figure in die Suid-Afrikaanse letterkunde, en het talle gedigte, essays en twee romans gepubliseer. Deur Renoster-boeke, wat hy in 1956 begin het, het hy werke van Oswald Mtshali en Mongane Wally Serote gepubliseer.
Hy is in 1986 met Jane Fox getroud. In dieselfde jaar ontvang hy eredoktorsgrade in die letterkunde van die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Romans
- The Celibacy of Felix Greenspan: A novel in 18 stories, gepubliseer deur Bateleur Press, 1977
- The White Life of Felix Greenspan, gepubliseer deur M&G Books, 2002
Gedigte
- Journal of a New Man, gepubliseer deur Ad Donker, 1984
- The Writer in Sand, gepubliseer deur Ad Donker, 1988
- A Dead Tree Full of Live Birds, gepubliseer deur Snail Press, 1988
- Chaos Theory of the Heart, gepubliseer deur Jacana Media, 2005
- To Halley's Comet, die publiseerder is onbekend
Werke oor Lionel Abrahams
- Lionel Abrahams: A Reader, red. Patrick Cullinan, gepubliseer deur Ad Donker, 1988
- A Writer in Stone: South African Writers Celebrate the 70th Birthday of Lionel Abrahams, red. G. Friedman en Roy Blumenthal, gepubliseer deur David Philip, 1998
Sien ook
- Lys van bekende Suid-Afrikaners
Verwysings
- Kalechofsky, Roberta; Nadine Gordimer (1982). South African Jewish Voices. Micah Publications. p. 268. ISBN 0-916288-10-2.
- Pogrund, Anne (9 Junie 2004). "Lionel Abrahams: Mischievous guru of South African letters" (in Engels). The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2019. Besoek op 4 Julie 2008.
- Ferguson, Gus. "Lionel Abrahams". South Africa – Poetry International Web. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2007. Besoek op 4 Julie 2008.
- Friedman, Graeme; Roy Blumenthal; Lionel Abrahams (1998). A Writer in Stone: South African Writers Celebrate the 70th Birthday of Lionel Abrahams. David Philip Publishers. p. 45. ISBN 0-86486-428-0.
- Abrahams, Lionel (2005). Chaos Theory of the Heart & Other Poems Mainly Since 1990. Jacana Media. p. 1. ISBN 1-77009-097-5.
- Brown, Duncan; Bruno Van Dyk (1991). Exchanges: South African Writing in Transition. University of Natal Press. p. 110. ISBN 0-86980-789-7.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar