Die Majatale of Majaanse tale is 'n taalfamilie wat uit sowat 31 tale bestaan en deur 6 miljoen Maja gepraat word. Hulle word oorwegend in die histories-kulturele streek van Meso-Amerika gepraat met Suid-Meksiko, Guatemala, Belize, westelike Honduras en El Salvador, maar ook deur klein vlugteling- en emigrasiebevolkings in die Verenigde State en Kanada.
Majatale Majaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: | Meso-Amerika: Suid-Meksiko, Guatemala, Belize, westelike Honduras en El Salvador; klein vlugteling- en emigrasiebevolkings, veral in die Verenigde State en Kanada |
Genetiese klassifikasie: | Majatale |
Onderafdelings: | Huastekaans Yucatekaans Ch'olaans-Tzeltalaans Q'anjobalaans Quicheaans-Mameaans |
Verspreiding van Majatale |
Die Majatale bestaan uit vyf hooftakke, naamlik Huastekaans, Yucatekaans, Ch'olaans-Tzeltalaans, Q'anjobalaans en Quicheaans-Mameaans. Naas hierdie taalkundige indeling word die Majatale ook histories ingedeel: Die Majatale van die Klassieke tydperk in Meso-Amerika met die bekende Majahiërogliewe en die hedendaagse Majatale wat deur die nasate van dié beskawing in Sentraal-Amerika gebesig word. Guatemala erken tans 21 Majatale in sy grondgebied, terwyl Meksiko 29 Majatale erken.
Die Majatale is een van die bes gedokumenteerde en mees bestudeerde taalfamilie van die Amerikas en behoort tot die Meso-Amerikaanse taalgebied, saam met die Uto-Asteekse tale, Totonaks-Tepehua, Otomangue, Mixe-Zoque asook geïsoleerde en ongeklassifiseerde tale.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is Majaans (762 520).
Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Majatale sluit (sikar, letterlik: "die rook van rolblare", van si'c, "tabak") en sigaret (verkleinwoord van sigaar, oor Frans: cigarette) in.
Sien ook
- Inheemse tale van die Amerikas
Verwysings
- (en) "Mayan Languages". Buried Mirror. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2011. Besoek op 16 November 2018.
Verdere leesstof
- (en) Bennett, Ryan; Coon, Jessica; Henderson, Robert (2015). "Introduction to Mayan Linguistics" (PDF). Language and Linguistics Compass.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
((hulp)) - (en) Law, D. (2013). "Mayan historical linguistics in a new age". Language and Linguistics Compass. 7 (3): 141–156. doi:10.1111/lnc3.12012.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
((hulp)) - (en) Campbell, Lyle (2015). "History and reconstruction of the Mayan languages". In Aissen, Judith; England, Nora C.; Maldonado, Roberto Zavala (reds.). The Mayan Languages. London: Routledge. pp. 1–20.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
((hulp))
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Majatale. |
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mayan". Ethnologue. Besoek op 21 Augustus 2020.
- (en) "Mayan languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Augustus 2020.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar