Die mate (of yerba) is 'n gewilde soort tee in Argentinië, Paraguay en Uruguay. Dit word van die gedroogde blare van die (Ilex) gemaak en dit kan met of sonder suiker of heuning gedrink word. Die Argentynse stad Apostoles is die sentrum van die mate-nywerheid.
Etimologie en geskiedenis
Die oerbewoners van Latyns-Amerika het lankal mate gedrink. Die woord mate is afgelei van mati, wat in die Ketsjoea-taal die kalbas beskryf waarin 'n pap van gestampte mateblare met water vermeng word. Vandag staan mate in Brasilië as erva bekend, in die Spaanstalige gebiede as yerba of herba (= kruid).
Teen die einde van die 16de eeu beskryf die Spaanse veroweraar en stigter van Buenos Aires, , 'n verfrissende drank wat by die inheemse bevolking gewild is. Die Jesuïete, wat in die volgende eeu nedersettings in die gebied van die huidige Paraguay stig, verbou die mateplant stelselmatig en het tot by hulle verdrywing in die 18de eeu 'n monopolie op die matehandel in Latyns-Amerika.
Die Franse botanikus klassifiseer die mateplant tydens sy reise in Brasilië, wat hy tussen 1816 en 1822 onderneem.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar