Middelburg is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie die Oos-Kaap. Dit lê omtrent halfpad tussen Graaff-Reinet en Colesberg op die oewer van die Klein-Brakrivier.
Middelburg | |
---|---|
Treinstasie in Middelburg | |
Middelburg Middelburg se ligging in Oos-Kaap | |
Koördinate: 31°29′38″S 25°01′02″O / 31.49389°S 25.01722°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Chris Hani |
Munisipaliteit | Inxuba Yethemba |
Stigting | 1852 |
Oppervlak | |
• Totaal | 44,76 km2 (17,28 vk. myl) |
Hoogte | 1 279 m (4 196 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 18 681 |
• Digtheid | 417/km2 (1 080/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 43.9% |
• Swart mense | 49.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 52.3% |
• Xhosa | 43.6% |
• Engels | 1.9% |
• Ander | 2.2% |
Poskode (strate) | 5900 |
Poskode (posbusse) | 5900 |
Geskiedenis
Die dorp is in 1852 gestig en kry sy naam as gevolg van die sentrale ligging daarvan ten opsigte van Cradock, Colesberg, Richmond en Hofmeyr. Die dorp is aangelê op die plaas Driefontein op 6 April 1852 nadat die kerkraad van Colesberg dit by die boer Jan Coetzee gekoop het vir ₤3 000.
Omgewing
Die N9 en N10 nasionale paaie sluit bymekaar aan suid van die dorp en gaan weer uitmekaar 18 km aan die noordekant van die dorp. Die distrik is 5 700 km² groot en is een van die beste merinodistrikte in die land.
Noemenswaardige boorlinge
- Athol Fugard, dramaturg, akteur en regisseur
- Tom Naudé, waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika (1967–1968)
- Tony Smit, Springbok-vroueatleet
Sien ook
- NG gemeente Middelburg, Kaap
- Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
- "Hoofplek Middelburg". Sensus 2011.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Middelburg, Oos-Kaap.
- Amptelike webwerf
- Middelburg op Go2Africa.com
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar