Die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika is die agentskap van die Suid-Afrikaanse regering wat die nasionale biblioteek onderhou met alle gepubliseerde materiaal oor die land.
Geskiedenis
Totstandkoming onder die Nasionale Biblioteekwet
Die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se basiese funksies word in Seksie 4 subseksie 1 van die Nasionale Biblioteekwet, No. 92 van 1998 beskryf en sluit in:
- om 'n volledige versameling van gepubliseerde dokumente van, of wat verband hou met Suid-Afrika op te bou
- om enige ander versameling dokumente vanuit Suid-Afrika, of wat betrekking het op Suid-Afrika, gepubliseerd of ongepubliseerd, in stand te hou en verder uit te brei
- om die optimale bestuur van versamelings gepubliseerde dokumente wat in Suid-Afrikaanse biblioteke gehou word te bevorder as 'n nasionale hulpbron; en 'n nasionale bibliografiese diens te lewer en op te tree as die nasionale bibliografiese agentskap
- om optimale toegang tot gepubliseerde dokumente, nasionaal en internasionaal, te bevorder
- om verwysings- en inligtingsdienste nasionaal en internasionaal te lewer
- om as die nasionale bewaringsbiblioteek te dien en bewaringsdienste nasionaal te lewer
- om bewustheid en waardering vir die nasionaal gepubliseerde dokumentêre erfenis te kweek
- om inligtingsbewustheid en -geletterdheid te bevorder
Die Bell-Krynauw-versameling word ook hier gehou.
Bronnelys
- Duncan, Paul en Alain Proust: Hidden Cape Town. Kaapstad: Struik, 2013. ISBN 978-1-43170-299-2
Eksterne skakels
- Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar