Nederalemannies (Nederalemanniese Duits: Niederalemannisch) is 'n tak van die Alemanniese dialekte en behoort tot die Duitse taal, al is onderlinge verstaanbaarheid met Standaardduits en ander nie-Alemanniese Duitse dialekte baie beperk. Dit kom Noord van die k/ch isoglos voor wat dit van Hoogalemannies skei.
Nederalemanniese Duits Niederalemannisch | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Duitsland
| |
Totale sprekers: | omstreeks 500 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Opperduits Alemanniese Duits Nederalemanniese Duits | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | gsw | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Indeling
Nederalemannies word verdeel in twee subgroepe: Bodensee-Alemannies (Duits: Bodenseealemannisch) en Oberrhein-Alemannies (Duits: Oberrheinalemannisch):
Bodenseealemannies
- Allgäuerisch (suidelik)
- Baar-Alemannies
- Suidd-Württembergies
- Vorarlbergies
Oberrheinalemannisch
- Elsasser Duits (Mittelelsässisch)
- Badisch (noord van die Markgräflerland)
- Freiburgisch (Freiburg im Breisgau, noordelik)
- Iffezheimisch
- Rastättisch
- Ortenauisch
- Met oorsprong uit Kaiserstuhl:
- Alemán Coloniero (Venezuela)
Eienskappe
Die eienskap wat Nederalemannies van Hoogalemannies skei is die behoud van die Duitse /k/, in byvoorbeeld kalt 'koud' teenoor Hoogalemanniese chalt.
Die eienskap wat Nederalemannies van Swabies onderskei, is die behoud van die Middel-Hoogduitse monoftonge, byvoorbeeld Huus 'hois' teenoor Swabies Hous of Ziit 'tyd' teenoor. Swabies Zejt.
Eksterne skakels
- Alemannic encyclopedia -Duits-[dooie skakel]
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar