Die term Noord-Duitsland (Duits: Norddeutschland) verwys na 'n gebied in die noorde van die Bondsrepubliek van Duitsland. Die noord-, wes- en oosgrens is Denemarke, Nederland en Pole. Die suidelike binnelandse grens kan op verskillende maniere afgebaken word:
- Volgens 'n taalkundige definisie sluit Noord-Duitsland alle gebiede in die Noord-Duitse Laagvlakte in waar oorspronkllik Nederduits, in die omgangstaal ook Platduis genoem, gebesig is.
- Histories en kultureel is Noord-Duitsland aan die Hanseverbond verbind, waarby alle streke in die gebied ook 'n gemeenskaplike mentaliteit deel en deur die nabyheid van die see beïnvloed word.
- As Noord-Duitse deelstate of Noord-Duitse kusgebiede word diegene Duitse deelstate beskou wat aan die Noord- of Oosseekus geleë is of oor hul eie seehawe beskik. Hierdie definisie sluit die Vrye Hansestad Bremen, Hamburg, Mecklenburg-Voorpommere, Nedersakse (soms sonder Suid-Nedersakse) en Sleeswyk-Holstein in.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar