Azərbaycanca AzərbaycancaБеларускі БеларускіDansk DanskDeutsch DeutschEspañola EspañolaFrançais FrançaisIndonesia IndonesiaItaliana Italiana日本語 日本語Қазақ ҚазақLietuvos LietuvosNederlands NederlandsPortuguês PortuguêsРусский Русскийසිංහල සිංහලแบบไทย แบบไทยTürkçe TürkçeУкраїнська Українська中國人 中國人United State United StateAfrikaans Afrikaans
Steunstuk
www.wp1.af-za.nina.az
  • Wikipedia

Die begrip Nuwe Wêreld verwys na die kontinente wat deur die Europeërs vanaf 1492 ontdek is Die woorde Nuovo Mundo is de

Nuwe Wêreld

Nuwe Wêreld
www.wp1.af-za.nina.azhttps://www.wp1.af-za.nina.az

Die begrip Nuwe Wêreld verwys na die kontinente wat deur die Europeërs vanaf 1492 ontdek is. Die woorde Nuovo Mundo is deur die ontdekkingsreisiger Amerigo Vespucci vir die eerste keer gebruik om aan te dui dat sy voorganger, Christophorus Columbus, in teenstelling tot wat hy self dog, nie Asië via die westelike roete bereik het nie, maar 'n gehele "Nuwe Wêreld".

image
Die Nuwe Wêreld in die 18de eeu.

Klassifikasie

Oor die algemeen word Noord- en Suid-Amerika hiermee aangedui. Die Ou Wêreld is Europa, Afrika en Asië, uit die perspektief van die Europeërs.

Hoewel Australië en Antarktika ook na 1492 ontdek is, word hulle nie tot die Nuwe Wêreld gereken nie. Hulle kan egter ook nie in die Ou Wêreld ingedeel word nie. Hul indeling is gewoonlik 'n struikelblok in die wêreld se geografie. Die mees gangbare is die term Terra Australis wat "suidelike land" beteken en meestal gedurende die 18de eeu gebruik is.

Verder word die eilandjies wat na 1492 ontdek is ook nie tot die nuwe wêreld gereken nie.

Biologie

Die begrip word gewoonlik in die biologie gebruik; veral omdat byvoorbeeld baie groepe diere geïsoleerd geraak het op die Amerikaanse kontinent. As gevolg hiervan is daar gewoonlik diereordes of dierefamilies met "Nuwe Wêreld" as agtervoegsel, soos die ape van die Nuwe Wêreld, die muise en rotte van die Nuwe Wêreld, en die giere van die Nuwe Wêreld.

Kultuur en politiek

Ook om verskille in kultuur en politiek aan te dui, word hierdie begrippe nog steeds gebruik.

Wyne

In die wynwêreld word 'n ander onderskeid in die Nuwe en Ou Wêrelde gemaak. Europese wyne word ou-wêreldwyne genoem, en wyne uit die res van die wêreld, soos uit Suid-Amerika, Australië, Kalifornië, Libanon en Suid-Afrika word nuwe-wêreldwyne genoem.

wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar

Publikasie datum: Oktober 29, 2024, 01:05 am
Die meeste lees
  • Oktober 27, 2024

    Christelike

  • Oktober 25, 2024

    Christen-Demokratiese Appèl

  • Oktober 24, 2024

    Christen

  • Oktober 21, 2024

    Choberivier

  • Oktober 24, 2024

    Chobe Nasionale Park

Daagliks
  • Pakistanse nasionale krieketspan

  • Skotse nasionale krieketspan

  • Ierse nasionale krieketspan

  • Verenigde State van Amerika

  • Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe

  • Suid-Afrika

  • Pravin Gordhan

  • Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein

  • 1886

  • President van die Verenigde State van Amerika

NiNa.Az - Ateljee

  • Wikipedia

Nuusbriefaanmelding

Deur in te teken op ons e -poslys, sal u altyd die jongste nuus van ons ontvang.
Kontak my
Kontak Ons
DMCA Sitemap Feeds
© 2019 nina.az - Alle regte voorbehou.
Kopiereg: Dadaş Mammedov
Top