Die R21 is 'n snelweg tussen Pretoria en Boksburg. Die snelweg begin as 'n hoofweg by die Fonteinesirkel in Pretoria (net wes van Groenkloof). By die eerste verkeerslig in Monument Park word die pad 'n snelweg. Die snelweg kruis dan die N1 Nasionale pad in 'n suidwaartse rigting, gaan verby die Rietvleidam aan die linkerkant, verby Olifantsfontein en Kaalfontein, deur Pomona en Kemptonpark met die O.R. Tambo Internasionale Lughawe aan die linkerkant.
Provinsiale roete R21 | ||||
---|---|---|---|---|
Roete-inligting | ||||
Onderhou deur SANRAL en GDPV | ||||
Lengte | 67,6 km (42,0 mi) | |||
Belangrike aansluitings | ||||
Noordpunt | Nelson Mandelastraat in Pretoria | |||
N1 in Centurion R25 naby Tembisa R23 naby Kempton Park R24 by ORTIL N12 naby Boksburg R29 in Boksburg N17 naby Boksburg | ||||
Suidpunt | N3 by Vosloorus | |||
Ligging | ||||
Stede | Pretoria Centurion Tembisa Kempton Park Boksburg Vosloorus | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Hier tak die R24-snelweg wes af na Johannesburg se middestad. Die snelweg kruis die N12 Nasionale pad en by die kruising met Noordrandweg word die snelweg 'n dubbelbaanstraat wat as Rietfonteinweg bekendstaan. Rietfonteinweg eindig in Hoofrifweg in Boksburg.
Die snelweg is 'n e-tolpad tussen Pretoria en die lughawe in Kemptonpark.
Sien ook
- Lys van provinsiale roetes in Suid-Afrika
Verwysings
- (en) Falkner, John (Mei 2012). "Suid-Afrikaanse genommerde roetebeskrywing en bestemmingsontleding". Nasionale Departement van Vervoer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 1 September 2014.
Grootste snelweë in en om Johannesburg | |||
---|---|---|---|
Johannesburg-sirkelpad • N1 (Westelike Verbypad) • N3 (Oostelike Verbypad) • N12 (Suidelike Verbypad) • N17 • R21 • R24 • R59 • M1 • |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar