Robert George Kekewich (1854 - 1914) was 'n Generaal-Majoor in die Britse Leër. Hy is in gebore en ontvang sy opleiding in Marlborough. Hy sluit in 1874 by die leër aan en doen vervolgens diens in Egipte, Maleia en die Soedan. Kekewich word daarna in Suid-Afrika gestasioneer toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek. Hy was in bevel van die troepe tydens die Beleg van Kimberley. Hy en Cecil John Rhodes het ernstige meningsverskille gehad oor die verdediging van die burgerlikes. Nadat Kimberley ontset word, word kolonel Kekewich tot generaal-majoor bevorder. Hy is in 1914 oorlede.
Robert George Kekewich | |
---|---|
| |
Geboortedatum | 17 Junie 1854 |
Geboorteplek | , Engeland |
Sterfdatum | 5 November 1914 (60 jaar oud) |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse leër |
Jare in diens | 1874-1914 |
Rang | Generaal-Majoor |
Eenheid | 13de westelike Divisie |
Veldslae/oorloë | Tweede Vryheidsoorlog |
Toekennings | Order of the Bath |
Bron
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar