Die Royal Bafokeng-nasie is die etniese tuisland van die Fokeng-mense (Sotho: Bafokeng, letterlik "mense van die dou" of "mense van die gras"), 'n Tswana-sprekende tradisionele gemeenskap in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Dié nasie se hoofstad is Phokeng en konings of leiers staan as Kgosi bekend. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 het die Royal Bafokeng-nasie veral as eienaar van die Royal Bafokeng-stadion, waar ses wedstryde gespeel is, bekend geword.
Royal Bafokeng-nasie | |
---|---|
Vlag van die Royal Bafokeng-nasie | |
Totale bevolking: | 160 867 (Fokeng, 2007) Totaal: 300 000 |
Belangrike bevolkings in: | Noordwes, Suid-Afrika |
Taal: | Tswana |
Geloofsoortuiging: | Christendom |
Verwante etniese groepe: | Basotho |
Konings van die Royal Bafokeng-nasie
- 1834–1891: Kgosi Mokgatle
- 1891–1896: Kgosi Tumagole
- 1897–1938: Kgosi Molotlegi
- 1938–1956: Kgosi Manotshe Molotlegi
- 1956–1995: Kgosi Lebone Edward Molotlegi
- 1995–2000: Kgosi Mollwane Molotlegi
- 2000–hede: Kgosi Leruo Molotlegi
Susterstede
- , Maryland, Verenigde State
Verwysings
- (en) Sister Cities International, Inc. (SCI)
Bronne
- (en) News Release. (2002, 22 Oktober). King of the Royal Bafokeng Nation in South Africa to Speak at Brown University. Providence, R.I.: The Watson Institute for International Studies, Brown University
- (en) Cook, Sue. (2008, 15 Oktober). The Royal Bafokeng Nation. Royal Bafokeng Administration
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Royal Bafokeng-nasie.
- (en) Die Royal Bafokeng-nasie se amptelike webwerf
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar