Die Rugbywêreldbeker 1991 (Engels: 1991 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1991; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1991; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1991; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1991) is van 3 Oktober tot 2 November 1991 in Engeland (nominale gasheer), Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die tweede rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in die Noordelike Halfrond. Agt jaar later het dieselfde vyf lande ook die Rugbywêreldbeker 1999 saam gehuisves.
Rugbywêreldbeker 1991 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Engeland (nominaal) Frankryk Ierland Skotland Wallis |
Datums | 3 Oktober – 2 November |
Aantal nasies | 16 (33 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Australië |
Naaswenner | Engeland |
Derde plek | Nieu-Seeland |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 32 |
Bywoning | 1 007 760 (gem. 31 493 per wedstryd) |
Drieë | 148 (gemiddeld 4.63 per wedstryd) |
Meeste punte | (68) |
Meeste drieë | (6 drieë elk) |
← 1987 | 1995 → |
Die toernooi se formaat van 1987 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1991 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1987-toernooi (Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Wes-Samoa, die Verenigde State en Zimbabwe). Tydens die Rugbywêreldbeker 1991 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer.
Australië het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Engeland met 12–6 gewen en sodoende sy eerste rugbywêreldbekertitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Skotland in die vierde plek geëindig. Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Die Wes-Samoaanse span het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het. Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Maart 1990 gestig, te laat om hoegenaamd aan die Rugbywêreldbeker 1991-kwalifisering deel te neem. Vir Zimbabwe sou dit die laaste deelname aan ’n rugbywêreldbekertoernooi wees, omdat hulle sedertdien nie meer vir ’n toernooi kon kwalifiseer nie.
Toewysing
Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland aangebied is, is die Rugbywêreldbeker 1991 aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde ook in Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aan te bied.
Deelnemers
Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1991 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Engeland en die ander sewe spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1987 tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks gekwalifiseer. Hulle was Australië, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Om die oorblywende agt plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 33 nasionale rugbyspanne meegeding. Wes-Samoa, wat Tonga vervang het, is die enigste verandering in die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1987.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Engeland | Nominale gasheer | Tweede | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 1 |
Australië | Regstreeks | 1987 | Vierde plek (1987) | 3 | |
Fidji | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 4 | ||
Frankryk | 1987 | Naaswenner (1987) | 4 | ||
Ierland | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 2 | ||
Nieu-Seeland | 1987 | Kampioen (1987) | 1 | ||
Skotland | 1987 | Kwarteindrondte (1987) | 2 | ||
Wallis | 1987 | Derde plek (1987) | 3 | ||
Argentinië | Kwalifiseringsrondte | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 3 |
Italië | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 1 | |
Japan | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 2 | |
Kanada | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 4 | |
Roemenië | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 4 | |
Samoa | Eerste | – | Debuut | 3 | |
Verenigde State | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 1 | |
Zimbabwe | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | 2 |
Stadions
Die Rugbywêreldbeker 1991 is deur Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Van Groep A, waarin Engeland meegeding het, se wedstryde is die helfte in Londen gehuisves, maar wedstryde het ook in Leicester, Gloucester en Otley plaasgevind. Groep B, met die Europese spanne Ierland en Skotland, wat hul wedstryde tuis in óf Dublin óf Edinburg gespeel het; een wedstryd is in Belfast gehou. Groep C met Wallis, wat al sy wedstryde in Cardiff gespeel het, en die ander wedstryde in Pontypool, Pontypridd en Llanelli. Groep D, waarin Frankryk gespeel het, met wedstryde in Agen, Bayonne, Béziers Brive, Grenoble en Toulouse. Geen van die kwart- of halfeindwedstryde is in Engeland gespeel nie, maar wel in Frankryk, Ierland en Skotland. Die bronseindstryd is op Cardiff se Nasionale Stadion aangebied en die eindstryd op die Londense Twickenham.
Formaat
Die Rugbywêreldbeker 1991 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 1991 op Twickenham in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1991 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groep 1 | Groep 2 | Groep 3 | Groep 4 |
---|---|---|---|
Nieu-Seeland | Skotland | Australië | Frankryk |
Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:
- Groep 1 is in Engeland aangebied
- Groep 2 is beide in Ierland en Skotland aangebied
- Groep 3 is in Wallis aangebied
- Groep 4 is in Frankryk aangebied
Groepfase
Soos in die Rugbywêreldbeker 1987 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Twee vir ’n gelykop;
- Een vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 4 en die wenner van Groep 4 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
1991-effek op 1995-kwalifisering
Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland.
Wedstrydbeamptes
’n Paneel van 17 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995. |
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1995 mis. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepwedstryde
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 95 | 39 | +56 | 13 | 9 |
Engeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 85 | 33 | +52 | 9 | 7 |
Italië | 3 | 1 | 0 | 2 | 57 | 76 | –19 | 7 | 5 |
Verenigde State | 3 | 0 | 0 | 3 | 24 | 113 | –89 | 2 | 3 |
3 Oktober 1991 | Engeland | 12–18 | Nieu-Seeland | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:00 (BST) | Strafdoele: (3) Skepdoel: | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (4) | Bywoning: 70 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
5 Oktober 1991 | Italië | 30–9 | Verenigde State | , , Engeland | |
13:00 (BST) | Drieë: , , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (2) | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: | Bywoning: 7 500 Skeidsregter: Owen Doyle (Irl) | |
8 Oktober 1991 | Nieu-Seeland | 46–6 | Verenigde State | Kingsholm, Gloucester, Engeland | |
13:00 (BST) | Drieë: (3), , , , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (2) | Verslag | Strafdoele: (2) | Bywoning: 12 000 Skeidsregter: Efraim Sklar (Arg) | |
|
8 Oktober 1991 | Engeland | 36–6 | Italië | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:00 (BST) | Drieë: (2), , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (4) | Verslag | Drie: Doelskop: | Bywoning: 30 000 Skeidsregter: Brian Anderson (Sko) | |
11 Oktober 1991 | Engeland | 37–9 | Verenigde State | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:00 (BST) | Drieë: (2), , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (3) | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: | Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Les Peard (Wal) | |
|
13 Oktober 1991 | Italië | 21–31 | Nieu-Seeland | , Leicester, Engeland | |
15:00 (BST) | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (3) | Verslag | Drieë: Zinzan Brooke, , , Doelskoppe: (3) Strafdoele: (3) | Bywoning: 15 711 Skeidsregter: Kerry Fitzgerald (Aus) | |
|
Groep 2
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Skotland | 3 | 3 | 0 | 0 | 122 | 36 | +86 | 17 | 9 |
Ierland | 3 | 2 | 0 | 1 | 102 | 51 | +51 | 16 | 7 |
Japan | 3 | 1 | 0 | 2 | 77 | 87 | –10 | 13 | 5 |
Zimbabwe | 3 | 0 | 0 | 3 | 31 | 158 | –127 | 6 | 3 |
5 Oktober 1991 | Skotland | 47–9 | Japan | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
15:00 (BST) | Drieë: , , , , (Strafdrie), , Doelskoppe: (5) Strafdoele: (2), | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: | Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
|
6 Oktober 1991 | Ierland | 55–11 | Zimbabwe | , Dublin, Ierland | |
15:00 (IST) | Drieë: (4), (2), , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (5) | Verslag | Drieë: , Strafdoel: | Bywoning: 40 000 Skeidsregter: Keith Lawrence (NZL) | |
|
9 Oktober 1991 | Ierland | 32–16 | Japan | , Dublin, Ierland | |
15:00 (IST) | Drieë: (2), , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (4) | Verslag | Drieë: , , Doelskoppe: (2) | Bywoning: 30 000 Skeidsregter: Laikini Colati (Fij) | |
|
9 Oktober 1991 | Skotland | 51–12 | Zimbabwe | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
15:00 (BST) | Drieë: (3), , , , , Doelskoppe: (5) Strafdoele: (2) Skepdoel: | Verslag | Drieë: (2) Doelskoppe: (2) | Bywoning: 35 000 Skeidsregter: Don Reordan (VSA) | |
|
12 Oktober 1991 | Skotland | 24–15 | Ierland | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
13:30 (BST) | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (3) Skepdoel: | Verslag | Strafdoele: (4) Skepdoel: | Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Fred Howard (Eng) | |
|
14 Oktober 1991 | Japan | 52–8 | Zimbabwe | , Belfast, Ierland | |
15:00 (BST) | Drieë: (2), (2), (2), , , Doelskoppe: (5) Strafdoele: (2) | Verslag | Drieë: , | Bywoning: 9 000 Skeidsregter: René Hourquet (Fra) | |
|
Groep 3
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 79 | 25 | +54 | 11 | 9 |
Samoa | 3 | 2 | 0 | 1 | 54 | 34 | +20 | 8 | 7 |
Wallis | 3 | 1 | 0 | 2 | 32 | 61 | –29 | 3 | 5 |
Argentinië | 3 | 0 | 0 | 3 | 38 | 83 | –45 | 4 | 3 |
4 Oktober 1991 | Argentinië | 19–32 | Australië | , , Wallis | |
15:00 (BST) | Drieë: (2) Doelskop: Strafdoel: Skepdoele: (2) | Verslag | Drieë: (2), (2), Doelskoppe: (3) Strafdoele: (2) | Bywoning: 11 000 Skeidsregter: David Bishop (NZL) | |
|
6 Oktober 1991 | Wallis | 13–16 | Samoa | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
13:00 (BST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoel: | Verslag | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (2) | Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Patrick Robin (Fra) | |
|
9 Oktober 1991 | Australië | 9–3 | Samoa | , , Wallis | |
13:00 (BST) | Strafdoele: (3) | Verslag | Strafdoel: | Bywoning: 15 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
|
9 Oktober 1991 | Wallis | 16–7 | Argentinië | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
20:00 (BST) | Drie: Strafdoele: (3), | Verslag | Drie: Strafdoel: | Bywoning: 35 000 Skeidsregter: René Hourquet (Fra) | |
|
12 Oktober 1991 | Wallis | 3–38 | Australië | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
15:15 (BST) | Strafdoel: | Verslag | Drieë: (2), , , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (2) | Bywoning: 54 000 Skeidsregter: Keith Lawrence (NZL) | |
|
13 Oktober 1991 | Argentinië | 12–35 | Samoa | , , Wallis | |
13:00 (BST) | Drie: Doelskop: Strafdoele: , Kaart: 65' | Verslag | Drieë: (2), (2), , Doelskoppe: (4) Strafdoel: Kaart: 65' | Bywoning: 8 500 Skeidsregter: Brian Anderson (Sko) Vervang deur Jim Fleming (Sko) | |
|
Groep 4
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 3 | 0 | 0 | 82 | 25 | +57 | 12 | 9 |
Kanada | 3 | 2 | 0 | 1 | 45 | 33 | +12 | 4 | 7 |
Roemenië | 3 | 1 | 0 | 2 | 31 | 64 | –33 | 5 | 5 |
Fidji | 3 | 0 | 0 | 3 | 27 | 63 | 36 | 1 | 3 |
4 Oktober 1991 | Frankryk | 30–3 | Roemenië | , , Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drieë: , , (Strafdrie), Doelskop: Strafdoele: (4) | Verslag | Strafdoel: | Bywoning: 22 000 Skeidsregter: Les Peard (Wal) | |
5 Oktober 1991 | Kanada | 13–3 | Fidji | , Bayonne, Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drie: Strafdoele: (3) | Verslag | Skepdoel: | Bywoning: 5 000 Skeidsregter: Kerry Fitzgerald (Aus) | |
8 Oktober 1991 | Frankryk | 33–9 | Fidji | , Grenoble, Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drieë: (3), (2), Doelskoppe: (3) Strafdoel: | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: | Bywoning: 18 548 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
|
9 Oktober 1991 | Kanada | 19–11 | Roemenië | , Toulouse, Frankryk | |
17:00 (MEST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (2) Skepdoel: | Verslag | Drieë: , Strafdoel: | Bywoning: 10 000 Skeidsregter: Sandy MacNeill (Aus) | |
|
12 Oktober 1991 | Fidji | 15–17 | Roemenië | , , Frankryk | |
19:00 (MEST) | Strafdoele: (2) Skepdoele: (2), | Verslag | Drieë: , , Doelskop: Strafdoel: | Bywoning: 8 500 Skeidsregter: Owen Doyle (Irl) | |
|
13 Oktober 1991 | Frankryk | 19–13 | Kanada | , Agen, Frankryk | |
20:00 (MEST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (2), | Verslag | Drie: Strafdoele: , Skepdoel: | Bywoning: 14 000 Skeidsregter: Stephen Hilditch (Irl) | |
Uitklopwedstryde
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
19 Oktober – Edinburg | ||||||||||
Skotland | 28 | |||||||||
26 Oktober – Edinburg | ||||||||||
Samoa | 6 | |||||||||
Skotland | 6 | |||||||||
19 Oktober – Parys | ||||||||||
Engeland | 9 | |||||||||
Frankryk | 10 | |||||||||
2 November – Londen | ||||||||||
Engeland | 19 | |||||||||
Engeland | 6 | |||||||||
20 Oktober – Villeneuve-d'Ascq | ||||||||||
Australië | 12 | |||||||||
Nieu-Seeland | 29 | |||||||||
27 Oktober – Dublin | ||||||||||
Kanada | 13 | |||||||||
Nieu-Seeland | 6 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
20 Oktober – Dublin | ||||||||||
Australië | 16 | 30 Oktober – Cardiff | ||||||||
Australië | 19 | |||||||||
Skotland | 6 | |||||||||
Ierland | 18 | |||||||||
Nieu-Seeland | 13 | |||||||||
Kwarteindrondte
19 Oktober 1991 | Frankryk | 10–19 | Engeland | Parc des Princes, Parys, Frankryk | |
15:00 (MEST) | Drie: Strafdoele: (2) | Verslag | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (3) | Bywoning: 46 749 Skeidsregter: David Bishop (NZL) | |
19 Oktober 1991 | Skotland | 28–6 | Samoa | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
13:00 (BST) | Drieë: (2), Doelskoppe: (2) Strafdoele: (4) | Verslag | Strafdoel: Skepdoel: | Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
20 Oktober 1991 | Ierland | 18–19 | Australië | , Dublin, Ierland | |
13:00 (IST) | Drie: Doelskop: Strafdoele: (3) Skepdoel: | Verslag | Drieë: (2), Doelskoppe: (2) Strafdoel: | Bywoning: 54 500 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
20 Oktober 1991 | Kanada | 13–29 | Nieu-Seeland | , Villeneuve-d'Ascq, Frankryk | |
15:00 (MEST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoel: | Verslag | Drieë: (2), , Zinzan Brooke, Doelskoppe: (3) Strafdoel: | Bywoning: 30 360 Skeidsregter: Fred Howard (Eng) | |
Halfeindrondte
26 Oktober 1991 | Skotland | 6–9 | Engeland | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
14:30 (BST) | Strafdoele: (2) | Verslag | Strafdoele: (2) Skepdoel: | Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Kerry Fitzgerald (Aus) | |
27 Oktober 1991 | Australië | 16–6 | Nieu-Seeland | , Dublin, Ierland | |
14:30 (WET) | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (2) | Verslag | Strafdoele: (2) | Bywoning: 54 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
Bronseindstryd
30 Oktober 1991 | Nieu-Seeland | 13–6 | Skotland | Nasionale Stadion, Cardiff, Wallis | |
14:30 (GMT) | Drie: Strafdoele: (3) | Verslag | Strafdoele: (2) | Bywoning: 37 000 Skeidsregter: Stephen Hilditch (Irl) | |
Eindstryd
2 November 1991 | Australië | 12–6 | Engeland | Twickenham, Londen, Engeland | |
14:30 (GMT) | Drie: Doelskop: Strafdoele: (2) | Verslag | Strafdoele: (2) | Bywoning: 56 208 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
|
Rugbywêreldkampioen 1991 |
---|
Australië |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1991.
Rang | Span | Groep | S | W | G | V | P | Drieë | Doelskoppe | Strafdoele | Skepdoele |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Australië | 3 | 6 | 6 | 0 | 0 | 126 | 17 | 11 | 12 | 0 |
2 | Engeland | 1 | 6 | 4 | 0 | 2 | 119 | 11 | 9 | 17 | 2 |
3 | Nieu-Seeland | 1 | 6 | 5 | 0 | 1 | 143 | 19 | 11 | 15 | 0 |
4 | Skotland | 2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 162 | 20 | 14 | 16 | 2 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Frankryk | 4 | 4 | 3 | 0 | 1 | 92 | 13 | 5 | 10 | 0 |
6 | Ierland | 2 | 4 | 2 | 0 | 2 | 120 | 13 | 7 | 16 | 2 |
7 | Samoa | 3 | 4 | 2 | 0 | 2 | 60 | 8 | 5 | 5 | 1 |
8 | Kanada | 4 | 4 | 2 | 0 | 2 | 58 | 6 | 2 | 8 | 2 |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Japan | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 77 | 13 | 8 | 2 | 1 |
10 | Italië | 1 | 3 | 1 | 0 | 2 | 57 | 7 | 7 | 5 | 0 |
11 | Wallis | 3 | 3 | 1 | 0 | 2 | 32 | 3 | 1 | 6 | 0 |
12 | Roemenië | 4 | 3 | 1 | 0 | 2 | 31 | 5 | 1 | 3 | 0 |
13 | Argentinië | 3 | 3 | 0 | 0 | 3 | 38 | 4 | 2 | 4 | 2 |
14 | Zimbabwe | 2 | 3 | 0 | 0 | 3 | 31 | 6 | 2 | 1 | 0 |
15 | Fidji | 4 | 3 | 0 | 0 | 3 | 27 | 1 | 1 | 3 | 4 |
16 | Verenigde State | 1 | 3 | 0 | 0 | 3 | 24 | 2 | 2 | 4 | 0 |
Algeheel | 32 | 1197 | 148 | 88 | 131 | 16 |
Meeste punte en drieë
Meeste punte aangeteken:
| Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
Verwysings
- (en) "Rugby World Cup 1991: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 24 Januarie 2024.
- (en) "Rugby World Cup 1991: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 24 Januarie 2024.
- (en) "1991: Wallabies pip England". BBC. 24 September 2003. Besoek op 24 Januarie 2024.
- (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Tries scored: greater than or equal to 3". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
- (en) Joel Fitzpatrick (6 September 2007). "Thretton takes milestone in his stride". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 30 September 2007.
- (en) "1991: W Samoa 16–13 Wales". BBC. 24 September 2003. Besoek op 24 Januarie 2024.
- (en) "THE NUMBERS GAME: Stuart Lancaster's England record doesn't make for pretty reading after the Rugby World Cup exit". Daily Mail. 5 Oktober 2015. Besoek op 24 Januarie 2024.
- (en) "Beale, not Foley, to blame for England's early exit?". Reuters. 5 Oktober 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 20 Oktober 2019.
- (en) Tom Barclay (8 Augustus 2011). "Greatest Rugby World Cup XV: second row front jumper profiles – Pedro Sporleder". Daily Telegraph. Besoek op 24 Januarie 2024.
- (en) Richard Seeckts (27 Oktober 1991). "Australia break All Blacks' hearts". ESPNscrum. Besoek op 24 Januarie 2024.
- (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.
Verdere leesstof
- (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
- (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
- (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Rugbywêreldbeker 1991. |
- (en) Amptelike Rugbywêreldbeker-webwerf
- (en) Volledige uitslae en statistiek by ESPN
- (en) England take scenic route to home final – Reliving Rugby World Cup 1991
- (en) Rugby World Cup Standings – 1991
- (en) Wêreldbeker se skeidsregters by RugbyRefs.com Geargiveer 1 April 2015 op Wayback Machine
Rugbywêreldbeker | |||
---|---|---|---|
Australië / Nieu-Seeland 1987 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 • Suid-Afrika 1995 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 • Australië 2003 • Frankryk 2007 • Nieu-Seeland 2011 • Engeland / Wallis 2015 • Japan 2019 • Frankryk 2023 • Australië 2027 • Verenigde State 2031 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar