Suid-Afrikaanse Standaardtyd, of SAST, is 'n tydsone wat regdeur Suid-Afrika, sowel as eSwatini en Lesotho gebruik word. Die tydsone is twee ure voor UTC (UTC+2) en is dieselfde as Sentraal-Afrikatyd, wat deur lande noord en oos van Suid-Afrika gebruik word.
swart | UTC-1: Kaapverdiese Tyd. |
groen | UTC+0: Wes-Europese Tyd · Greenwichtyd. |
blou | UTC+1: Middel-Europese Tyd · Wes-Afrika Tyd. |
rooi | UTC+2: Middel-Europese Somertyd · Oos-Europese Tyd · Sentraal-Afrika Tyd · Wes-Afrika Somertyd · Suid-Afrikaanse Standaardtyd. |
geel | UTC+3: Oos-Europese Somertyd · Oos-Afrika Tyd. |
grys | UTC+4: Mauritiustyd · Seychelletyd. |
Solêre middag in die tydsone gebeur teen 30° O in SAST, wat Durban en Pietermaritzburg effektief by die regte solêre middagpunt plaas. Plekke wes van 22.5° O ondervind effektiewelik altyd somertyd as gevolg van die plekke se ligging (in ware, UTC+1) maar steeds in SAST, dus is sonsopkoms en sonsondergang relatief laat in Kaapstad in vergelyking met die res van Suid-Afrika.
Ter illustrasie van die verskil in daglig-ure in die weste en ooste van die land:
- Kaapstad: 1 Januarie: 05:38–20:01, 1 Julie: 07:52–17:48
- Durban: 1 Januarie: 04:58–19:00, 1 Julie: 06:52–17:07
Somertyd word nie in die tydsone gebruik nie.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar