Die antieke Jemeni-alfabet het in omstreeks die 9de eeu v.C. ontstaan uit die Proto-Sinaïtiese alfabet. Dit is gebruik om die Jemeni- of Ou Suid-Arabiese tale te skryf. Die vroegste inskripsies sover bekend was in die 9de eeu v.C. in Eritrea en in die 8ste eeu v.C. in Babilonië en Jemen. Daar was geen klinkers nie en dit was dus ’n abjad.
Suid-Arabiese alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | c. 9de eeu v.C. - 7de eeu n.C. | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Ge'ez, Ou Suid-Arabies | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Egiptiese hiërogliewe
| |||
Susterstelsels | Fenisies | |||
Dogterstelsels | Ge'ez-skrif | |||
ISO 15924 | Sarb, 105 | |||
Unicode | Old South Arabian U+1BC0–U+10A7F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
’n Gevestigde vorm het in omstreeks 500 v.C. ontstaan en dit is tot in die 7de eeu n.C. gebruik, onder meer vir Ou Noord-Arabies. Dit is eindelik deur die Arabiese alfabet vervang. In Ethiopië het dit later in die Ge'ez-skrif ontwikkel wat, met bygevoegde simbole deur die eeue, gebruik is vir Ge'ez en ander tale in dié land en in Eritrea.
Letters
Jemeni-alfabet | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Karakter Transkripsie IFA | h [h] | l [l] | ḥ [ħ] | m [m] | q [q] | w [w] | s [ɬ] | r [r] | b [b] | t [t] | s [s] | k [k] | n [n] | ḫ [x] | s [s̪] | f [f] | ʾ [ʔ] | ʿ [ʕ] | ḍ [ɬˤ] | g [ɡ] | d [d] | ġ [ɣ] | ṭ [tˤ] | z [z] | ḏ [ð] | y [j] | ṯ [θ] | ṣ [sˤ] | ẓ [θˤ] | |||
Ander transkripsies | ś, š | š, s | s,ś |
Unicode
Skryfstelsels |
---|
Abjad |
Ou Suid-Arabies is tot die Unicode-standaard gevoeg in Oktober 2009, met die uitreiking van weergawe 5.2. Die Unicode-blok daarvoor is U+1BC0–U+10A7F.
Sien ook
- Geskiedenis van die alfabet
Verwysings
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- Fattovich, Rodolfo, "Akkälä Guzay" in Von Uhlig, Siegbert, red. Encyclopaedia Aethiopica: A-C. Weissbaden: Otto Harrassowitz KG, 2003, p.169.
Eksterne skakels
- Antieke geskrifte oor Suid-Arabies
- Omniglot
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ou Suid-Arabiese inskripsies.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar