Suid-Samies (åarjelsaemien gïele; Noors: sørsamisk; Sweeds: sydsamiska) is die suidwestelikste van die Samiese tale en word in Noorweë en Swede gepraat. Dit is 'n ernstig bedreigde taal; die taal word veral in die munisipaliteite Snåsa, Røyrvik, Røros (Trøndelag, Sentraal-Noorweë) en Hattfjelldal (Nordland, Noord-Noorweë) in Noorweë gebesig. Suid-Samies kan op die Nord-universiteit in Levanger, die Umeå-universiteit in Umeå en die Uppsala-universiteit in Uppsala studeer word. In 2018 is op die Umeå-universiteit twee meestersgrade in dié taal geskryf. Taalkursusse word ook by verskeie Samiese taalsentras in die Suid-Samiese gebied gehou.
Suid-Samies åarjelsaemien gïele | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Noorweë Swede | |
Gebied: | Lapland of Sápmi | |
Totale sprekers: | 600 | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Fins-Samies Samies Suid-Samies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Noorweë Erkende minderheidstaal in sommige munisipaliteite van: Swede | |
Gereguleer deur: | – | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | sma | |
ISO 639-3: | sma | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
In Noorweë is Suid-Samies een van drie amptelik erkende variante van Samies (saam met Lule-Samies en Noord-Samies) en geniet saam met Noors (Bokmål en Nynorsk) amptelike status.
Skryfstelsel
A a | B b | D d | E e | F f | G g | H h | I i |
Ï ï | J j | K k | L l | M m | N n | O o | P p |
R r | S s | T t | U u | V v | Y y | Æ æ | Ö ö |
Å å |
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Saami, South". Ethnologue. Besoek op 17 Maart 2021.
- (no) "Språk i Norge – Store norske leksikon". 22 Mei 2019. Besoek op 17 Maart 2021.
- (no) kirkedepartementet, Kultur- og (27 Junie 2008). "St.meld. nr. 35 (2007–2008)". Regjeringa.no. Besoek op 17 Maart 2021.
- (en) "To which languages does the Charter apply?". Europese Handves vir Streek- en Minderheidstale. Raad van Europa. p. 3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2013. Besoek op 3 April 2014.
- (en) "Umeå University". Besoek op 6 Julie 2019.
- (no) Svenn-Egil Knutsen Duolljá en Harald Gaski (16 Desember 2015). "Sørsamisk". Store norske leksikon. Besoek op 17 Maart 2021.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Samies.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar