Tórshavn (Faroëes: [ˈtʰɔuʂhaun], ; Deens: Thorshavn, [ˈtˢoɐ̯ˀshɑʊ̯ˀn]; Noors: Torshavn; Yslands: Þórshöfn; Sweeds: Torshamn) is die hoofstad en grootste stad van die Faroëreilande. Die stad is geleë in Tórshavn-munisipaliteit op die suidelike deel van Streymoyeiland en het 'n bevolking van 14 099 in 2024 gehad. Tórshavn is een van die kleinste hoofstede van Europa en 'n beduidende internasionale veerboothawe. Die naam van die stad beteken "Thor se hawe" en is genoem na die god van donderweer en weerlig in die Noorse mitologie.
Tórshavn | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Denemarke |
Land | Faroëreilande |
Koördinate | 62°01′N 6°46′W / 62.017°N 6.767°W |
Stigting | 10de eeu |
Stadstatus | 1909 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 172,9 vk km |
Hoogte bo seevlak | 24 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 14 099 |
- Bevolkingsdigtheid | 78/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Subpolêre seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,0 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 4,3 / 10,8 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslag | 1 399,2 mm |
Burgemeester | Heðin Mortensen |
Amptelike webwerf | torshavn.fo |
Gongin, die klein ou hoofstraat met 18de eeuse huise, loop regstreeks na die historiese stadsbuurt Tinganes wat op 'n skiereiland geleë is en vandag as die administratiewe distrik en regeringsetel dien. Tinganes word nog steeds deur talle 17de en 18de eeuse huise met grasdakke gekenmerk. Die parlement, die , was oorspronklik op geleë, maar is in 1856 na 'n klein wit gebou op die dorpsplein, Vaglið, in die sentrum verskuif. Noordwes van die dorp rys die bergpiek op 'n hoogte van 347 meter bo seevlak, terwyl die berg suidwes van Tórshavn geleë is.
Die katedraal van Tórshavn is vir die eerste keer in 1788 opgerig en in 1865 gedeeltelik herbou. Sedert 1990 is dit die setel van die Biskop van die Faroëreilande in die nasionale Evangelies-Lutherse kerk.
Sport
Sokkerspanne in Tórshavn:
- – tuisblad (1904)
- – tuisblad (1936)
- – tuisblad (1973)
- (1975)
Handbalspanne in Tórshavn:
- – tuisblad (1956)
- – tuisblad (1978)
- – (1971)
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tórshavn.
- (en) Toerisme-inligting oor Tórshavn op Wikivoyage
- (fo) Amptelike webwerf
- (en) "Tórshavn". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Maart 2024.
- (da) (en) (it) Faroeislands.dk: Tórshavn Beelde en beskrywings van al die dorpe op die Faroëreilande.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar