Die telwoorde is 'n woordsoort wat betrekking het op getalle.
Soorte telwoorde
Telwoorde word onderverdeel in hooftelwoorde en rangtelwoorde:
Hooftelwoorde
Hooftelwoorde dui die hoeveelheid of aantal aan. Dit word in bepaalde en onbepaalde hooftelwoorde verdeel:
Bepaalde hooftelwoorde sê presies hoeveel daar is, bv.
- een, drie, honderd, ens.
Voorbeelde:
- Daar is vier lemoene aan die boom.
- Daar is twintig appels aan die boom.
Onbepaalde hooftelwoorde dui nie presies die aantal aan nie, bv.
- baie, heelwat, weinig, min, verskeie, ens.
Voorbeelde:
- Daar is baie lemoene aan die boom.
- Daar is heelwat appels aan die boom.
Rangtelwoord
Rangtelwoord dui 'n volgorde aan. Dit word in bepaalde en onbepaalde rangtelwoorde verdeel:
Bepaalde rangtelwoord dui die presiese volgorde of plek aan, bv.
- eerste (1ste), derde (3de), vyfde (5de), honderdste (100ste), ens.
Voorbeelde:
- Sy is haar ouers se tweede kind.
- Neem die vierde lekker.
Onbepaalde rangtelwoorde dui nie die presiese volgorde of plek aan nie, bv.
- middelste, laaste, soveelste, ens.
Voorbeelde:
- My vriend is die middelste een.
- Dit is die soveelste keer dat hy val.
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir telwoord.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar