- Hierdie artikel handel oor die Tsongataal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Tsongas.
Die taal Tsonga (Xitsonga in Tsonga) vorm deel van die Niger-Kongo-taalfamilie. Dit is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika, waar dit deur sowat 2 miljoen mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik Tsongas. Dit word deur ongeveer 1 710 000 mense gepraat in Mosambiek en deur 19 000 in Eswatini. Daar is ook ongeveer 5 000 sprekers in Zimbabwe, waar dit een van die amptelike tale is.
Tsonga Xitsonga | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Eswatini Mosambiek Suid-Afrika Zimbabwe | |
Gebied: | Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, Noordwes, Gaza, Maputo-provinsie, Maputo-stad, Manica, Inhambane-provinsie, Chikombezi, Malipati, Chiredzi | |
Totale sprekers: | 4 miljoen (moedertaal, 2011) 3,4 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002) | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Tsonga | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Suid-Afrika Zimbabwe (as Shangani) | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ts | |
ISO 639-2: | tso | |
ISO 639-3: | tso | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Woorde
Algemene woorde en frases:
Afrikaans | Tsonga |
---|---|
Welkom | U amukeriwile (enkelvoud) / Mi amukeriwile (meervoud) |
Dankie | Inkomu |
Goeiedag / Hallo | Avuxeni |
Totsiens | Salani |
Rook verbode | A ku dzhahiwi |
Geen ingang | A ku ngheniwi |
Pasop vir die trap | Xiya-xiya xitepisi |
Pasop! | Tivonele! |
Veels geluk met jou verjaarsdag | Ndzi tlangela siku ro velekiwa |
Seisoensgroete | Mikateko ya Masiku yo Wisa |
Geseënde Kersfees | A ku ve Khisimusi lerinene |
Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar | A ku vi Khisimusi lerinene naswona a ku vi lembe lerintshwa lerinene |
Teksvoorbeeld
Die Onse Vader in Tsonga:
- Tata wa hina la nge matilweni,
- vito ra wena a ri hlawuleke;
- a ku te ku fuma ka wena;
- ku rhandza ka wena a ku endliwe misaveni,
- tanihi loko ku endliwa tilweni.
- U hi nyika namuntlha vuswa bya hina bya siku rin'wana ni rin'wana;
- u hi rivalela swidyoho swa hina,
- tanihi loko na hina hi rivalela lava hi dyohelaka;
- u nga hi yisi emiringweni,
- kambe u hi ponisa eka Lowo biha,
- Amen.
Sien ook
- Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke
- Tale in Suid-Afrika
- Tsonga Wikipedia
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tsonga" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 21 Januarie 2016.
- (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tsonga language. |
Sien Tsonga in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- Ethnologue oor Tsonga
Taalhulpmiddels
- Vrye en gratis Tsonga speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Geargiveer 9 Februarie 2007 op Wayback Machine
Sagteware in Tsonga
- Mozilla Firefox Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – webblaaier
- Mozilla Thunderbird Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – e-posprogram
- OpenOffice.org Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – kantoorsuite
- Translate.org.za Geargiveer 28 Junie 2007 op Wayback Machine – 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Tsonga en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal
- Pootle[dooie skakel] – Aanlynvertaling van Tsonga-oopbronsagteware
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar