Die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop was Suid-Afrika se eerste universiteit en is geskep ná die aanvaarding van Wet No. 16 van 1873 deur die regering van eerste minister John Molteno.
Die instelling was geskoei op die Universiteit van Londen en het nie lesings aangebied nie, maar slegs studente geëksamineer. Dit was met sy stigting die enigste onderwysinstelling wat grade in Suid-Afrika kon toeken nadat studente onderrig ontvang het aan die konstituerende kolleges, soos die Gill-kollege, St. Andrew-kollege (voorloper van die Rhodes-universiteit), Hugenote-kollege en Suid-Afrikaanse Kollege.
In 1916 het die universiteit die Universiteit van Suid-Afrika geword, maar die eksaminerende funksie bestaan wel nog in die departement van musiek, wat al meer as 100 jaar lank musiekstudente eksamineer.
Bronne
- (en) Die geskiedenis van Unisa. URL besoek op 18 Mei 2016.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar