Die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië gebruik die vlag van Frankryk as vlag en het op 17 Julie 2010 ook die Kanakvlag vir amptelike gebruik aanvaar. Die Kanakvlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou, rooi en groen met geel skyf aan die vlagpaalkant waarin ’n swart eilandsimbool is. Nieu-Kaledonië is een van min lande of gebiede ter wêreld met twee nasionale vlaë.
Bynaam | Kanakvlag |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 17 Julie 2010 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in blou, rooi en groen met geel skyf aan die vlagpaalkant waarin ’n swart eilandsimbool is. |
Geskiedenis
In 2008 het die regering van Nieu-Kaledonië gedebateer oor die gebruik van ’n amptelike streeksvlag en volkslied, soos vereis deur die Ooreenkoms van Nouméa. ’n Vlag wat algemene gebruik geniet het was die vlag van die Kanak en Sosialistiese Nasionale Bevrydingsfront (FLNKS), ’n politieke party wat Nieu-Kaledonië se onafhanklikheid soek. Vir die volgende twee jaar het die Franse vlag egter die amptelike vlag van die eilandgroep gebly.
Op 17 Julie 2010 het François Fillon, Franse Eerste Minister, ’n seremonie in Nouméa bygewoon waar die FLNKS-vlag langs die Franse driekleur gehys is. Dit het aan albei vlae amptelike status gegee. Kort voor die besoek het die Nieu-Kaledoniese Kongres oorweldigend ten gunste van die aanvaarding van die Kanakvlag langs die Franse vlag gestem.
Die aanvaarding van die Kanakvlag was nie sonder kontroversie nie. Sommige Nieu-Kaledoniërs het aangedring op ’n heel nuwe vlag vir Nieu-Kaledonië wat elemente van die Franse en Kanakvlag sou bevat. So ’n nuwe vlag sou poog om ’n “gedeelde toekoms” vir etniese Kanaks en etniese Franse inwoners van Nieu-Kaledonië te bevorder.
FLNKS politieke vlag
Die FLNKS-vlag wat in 1980 deur die party aanvaar is, bestaan uit drie horisontale bane in blou, rooi en groen met ’n geel skyf (waarvan die deursnee twee derdes van die hoogte van die vlag is) geposisioneer op een derde van die breedte van die vlag, gemeet van die vlagpaal af. Die skyf het swart fraaiings en is gerojeer met ’n vertikale simbool in swart.
Die blou stel die lug en die omringende oseaan voor. Die rooi stel die Kanaks se bloed voor wat gevleoi het in hul stryd om onafhanklikheid, sosialisme en eenheid. Die groen stel die land voor en daarmee saam die voorvaders wat daar begrawe is. Die geel skyf is ’n voorstelling van die son en die simbool daarop bestaan uit ’n , ’n tipe pyl wat ’n “tututskulp” deurboor wat op die dakke van Kanakhuise pryk.
Ander vlae
- Amptelike vlag van die eiland
- Vlag wat tydens die 2007 Stille Oseaan Spele gebruik is
- Franse vlag met die embleem van Nieu-Kaledonië
Administratiewe vlae
- Vlag van die Suid-Provinsie
- Vlag van die Noord-Provinsie
- Vlag van die Lojaliteitseilande
Eksterne skakels
- (en) Nieu-Kaledonië by Flags of the World.
- (en) FNLKS-vlag by Flags of the World.
Verwysings
- Malkin, Bonnie (20 Julie 2010). "Nieu-Kaledonië aanvaar nuwe vlag in kompromie oor Franse regering". The Daily Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op 28 Julie 2010.
- "FLNKS-vlag" (in Frans). 17 Julie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 17 Julie 2010.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Nieu-Kaledonië. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar