Die nasionale vlag van Panama is op 28 Maart 1903 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vier kwadrante met die skildhoek in wit met ’n vyfpuntige blou ster daarin. Daaronder is ’n blou reghoek (so groot soos die skildhoek). Onder aan die wapperkant is ’n wit reghoek (so groot soos die skildhoek) met ’n vyfpuntige rooi ster en daarbo is ’n rooi reghoek (so groot soos die skildhoek).
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 20 Desember 1903 en 28 Maart 1941 |
Ontwerp | Die skildhoek is wit met ’n blou ster, daaronder is ’n blou reghoek, bo in die wapperkant is ’n rooi reghoek en daaronder ’n wit reghoek met ’n rooi ster. |
Ontwerp deur | María de la Ossa de Amador |
Simboliek
Die kleure van die Panamese vlag is waarskynlik gebaseer op die kleure van die belangrikste partye ten tyde van onafhanklikheidwording. Blou was die kleur van die konserwatiewes en rooi die kleur van die liberales.
’n Ander verklaring stel dit dat die blou vir suiwerheid en eerlikheid staan en die rooi vir die gesag van die wet. Die wit stel vrede voor. Die vlag toon ook ’n mate van ooreenkoms met die Amerikaanse vlag. Dit is omdat Amerika hulp aan Panama verleen het in die stryd om onafhanklikheid.
Ander vlae
- Vlag van die Koninkryk van Spanje tot 28 November 1821
- Vlag van die Federale Staat van Panama, 1834 tot 1861
- Vlag van die Soewereine Staat van Panama, 26 November 1861 tot 3 November 1886
- Vlag van Panama, 3 November tot 20 Desember 1903
- Die Bunau-Varillavoorstel vir die Panamese vlag, 1903
- Vlag van die Panamese President
Verwysings
- (en) Flags of the World (2006): Panama, URL besoek op 21 Mei 2019.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Panama. |
- (en) Panama by Flags of the World.
- (en) "Flag of Panama". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Mei 2019.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar