Die nasionale vlag van Samoa is op 1 Januarie 1962 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n blou skildhoek en ’n Suiderkruismotief daarbinne.
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 24 Februarie 1949 1 Januarie 1962 |
Ontwerp | ’n Enkele rooi baan met ’n blou skildhoek en ’n Suiderkruismotief daarbinne. |
Simboliek
Die rooi kleur in die vlag stel waagmoed voor, die blou stel vryheid voor en die wit stel reinheid voor.
Die vyf sterre stel die Alpha-, Beta-, Delta-, Gamma- en Epsilonsterre van die Suiderkruis voor. Die Suiderkruis op die vlag stel die land se geografiese posisie in die wêreld voor en dui ook op die land se bande met Nieu-Seeland wat ook die Suiderkruis op sy vlag het.
Geskiedenis
Met die besetting van Samoa deur Nieu-Seelandse magte op 29 Augustus 1914 is ’n blou Britse vaandel gebruik vir die vlag van Samoa. Op die wapperkant was ’n wit skyf waarin drie palmbome te sien was. Die blou vaandel is op land gebruik terwyl ’n soortgelyke rooi vaandel op see gebruik is.
Op 26 Mei 1948 het Samoa ’n eie vlagontwerp gekry soortgelyk aan die huidige. Op hierdie ontwerp was daar egter slegs vier sterre in die Suiderkruismotief. Die huidige ontwerp is op 24 Februarie 1949 in gebruik geneem maar is eers op 1 Januarie 1962 amptelik erken.
Ander vlae
- Vlag van die Koninkryk Samoa, 1879 tot 1900
- Vlag van Duits-Samoa, 1 Maart 1900 tot 29 Augustus 1914
- Voorgestelde vlag vir Duits-Samoa
- Vlag van Nieu-Seeland, 1914 tot 1920
- Amptelike Blou vaandel van Wes-Samoa onder mandaat met die VK, 17 Desember 1920 tot 1 Januarie 1962
- Vlag van Wes-Samoa, 26 Mei 1948 tot 24 Februarie 1949
Soortgelyke vlae
-
- Vlag van Mianmar, 1974 tot 2010
Verwysings
- "Samoa – Geskiedkundige vlae" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Mei 2019.
- "Samoa" (in Engels). Maps of World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Mei 2019.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Samoa. |
- (en) Samoa by Flags of the World.
- (en) "Flag of Samoa". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar