Die nasionale vlag van die Seychelle-eilande is op 18 Junie 1996 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n straalvormige vlag met vyf bane in blou, geel, rooi, wit en groen wat van die linker onderste hoek van die vlag uitstraal na die bo- en regterkant van die vlag.
Gebruik | Burgerlike- en staatsvlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 18 Junie 1996 |
Ontwerp | ’n Straalvormige vlag met vyf bane in blou, geel, rooi, wit en groen wat van die linker onderste hoek van die vlag uitstraal na die bo- en regterkant. |
Simboliek
Daar word van die ontwerp van die vlag gesê dat dit ’n dinamiese, jong land voorstel wat die toekoms inbeweeg. Die kleure stel elk die volgende voor: blou stel die lug en die see voor, geel stel die son voor, rooi is die kleur van die mense, wit stel eensgesindheid voor en groen stel die natuurlike omgewing voor. Daar is ook gesê dat die verskillende kleure op die vlag die politieke partye in die Seychelle voorstel.
Geskiedenis
Voor 1903 is die Seychelle-eilande geadministreer as ’n afhanklikheid van Mauritius. Van 1903 tot 1976 is ’n blou Britse vaandel gebruik as die vlag van die Seychelle-eilande met ’n verandering in die wapenskild in 1961. Toe die Seychelle in 1976 onafhanklikheid verkry het, het die land ’n vlag aangeneem met die Sint Andrieskruis waarvan die boonste en onderste driehoeke blou was en die linker- en regterdriehoeke rooi was. Hierdie vlag is ’n jaar later vervang toe president ontset is deur . René het ’n nuwe vlag aanvaar wat gebaseer was op sy politieke party (die Seychelle Verenigde Volksparty) se kleure. Hierdie vlag was rooi bo en groen onder met ’n golwende wit fraiing tussen die twee bane.
- Vlag van die Seychelle-eilande, 1903 tot 1961
- Vlag van die Seychelle-eilande, 1961 tot 1976
- Vlag van die Goewerneur van die Seychelle-eilande, 1903 tot 1961
- Vlag van die Goewerneur van die Seychelle-eilande, 1961 tot 1976
- Vlag van die Seychelle-eilande, Junie 1976 tot Junie 1977
- Vlag van die Seychelle-eilande, Junie 1977 tot 1996
- Standaard van die President van die Seychelle, 1977 tot 1996
Ander vlae
- Standaard van die President van die Seychelle-eilande
Verwysings
- (en) Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN 1-840137-58-4
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van die Seychelle-eilande. |
- (en) Seychelle-eilande by Flags of the World.
- (en) "Flag of Seychelles". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar