Die term midwinter of wintersonstilstand verwys na die kort oomblik wanneer die aarde se askanteling met 22 1/2° 26' sy grootste afstand van die son bereik. Nogtans word in die omgangstaal na die hele dag waarop die sonstilstand voorkom (21 of 22 Desember vir plekke in die Noordelike, 21 of 22 Junie vir plekke in die Suidelike Halfrond) as midwinter of eerste dag van die winter verwys.
Die wintersonstilstand kom op die kortste dag (en langste nag) van die jaar voor en word veral in hoër breedtegrade duidelik waargeneem. Die son bereik dan sy laagste maksimale posisie in die hemel. Die dae word met die wintersonstilstand geleidelik langer en die nagte korter.
Die wintersonstilstand het in elke beskawing sy eie spesifieke kulturele betekenis, maar word oor kulturele grense heen dikwels met hergeboorte verbind. 'n Groot aantal feesdae, feeste, rituele, byeenkomste of ander vierings het rondom midwinter ontstaan.
Sien ook
- Joelfees
Verwysings
- The Telegraph, 16 November 2017: First day of Winter: what you need to know about the Winter Solstice. Besoek op 22 November 2017
Eksterne skakels
- Circle Sanctuary: Celebrating Winter Solstice Geargiveer 24 November 2010 op Wayback Machine
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar